INHOUDSOPGAWE
KONSTITUSIE 5
DEFINISIES 6
ARTIKELS 8
ARTIKEL 1 Soewereiniteit van Konstitusie 8
ARTIKEL 2 Doel – Konstitusie 8
ARTIKEL 3 Aanhangsels van die Konstitusie 9
ARTIKEL 4 Wysiging aan Konstitusie en Aanhangsels 9
ARTIKEL 5 5.1 Naam van die Kerk 9
5.2 Geloofsbeleidenis 9
5.3 Ligging van Hoofkantoor 13
ARTIKEL 6 Funksionele
Werksaamhede 13
ARTIKEL 7 Gemeentes 14
ARTIKEL 8 Finansiële Beleid 14
ARTIKEL 9 Bates 14
ARTIKEL 10 Vergaderinge 15
ARTIKEL 11 Tugmaatreëls 15
ARTIKEL 12 Regs- en Administratiewe
Prosesse 15
ARTIKEL 13 Opleiding 16
ARTIKEL 14 Huwelike 16
ARTIKEL 15 Doop 16
AANHANGSEL A FUNKSIONELE
WERKSAAMHEDE 17
Klousule 1 Die Nasionale Werkersforum 17
Klousule 2 Die Bestuursraad 20
Klousule 3 Die Moderatuur 23
Klousule 4 Die Nasionale Leierskapsforum 24
Klousule 5 Die Streekleierskapsforum 26
Klousule 6 Bedieninge 30
6.1 Die
Moderator 30
6.2 Die Vise-Moderator 32
6.3 Die Hoofsekretaris 33
6.4 Die Hooftesourier 34
6.5 Die Streekleier 36
6.6 Die Pastoor 39
6.7 Die Pastoor op Proef 42
6.8 Die Hulppastoor 44
6.9 Die Emeritus Pastoor 46
6.10 Bediening in die Kerk 47
6.11 Vroue in Bedieninge 48
AANHANGSEL
B DIE PLAASLIKE GEMEENTE 49
KLOUSULE 1 Die Samestelling van ’n Gemeente 49
KLOUSULE 2 Die Bevestiging van ‘n Gemeente 50
KLOUSULE 3 Die Bestuur van ‘n Plaaslike Gemeente 51
KLOUSULE 4 Die Regsbevoegdheid van ‘n Plaaslike Gemeente 58
KLOUSULE 5 Inlywing en samesmelting van Plaaslike
Gemeentes 59
KLOUSULE 6 Ontbinding van Plaaslike Gemeentes 60
AANHANGSEL
C FINANSIëLE BELEID 61
KLOUSULE 1 Bron van Inkomste 61
KLOUSULE 2 Hoofkantoor Befondsinbng en Finansiële
Administrasie 61
KLOUSULE 3 Streekleierskapsforum- Befondsing en
Finansiële Administrasie 62
KLOUSULE 4 Plaaslike Gemeente – Befondsing 63
KLOUSULE 5 Finansiële Reëls 64
KLOUSULE 6 Ouditering van Finansiële Boeke 68
KLOUSULE 7 Streekleierskapsforum Riglyne m.b.t.
Vergoedingstrukture 70
AANHANGSEL
D ROERENDE EN NIE-ROERENDE BATES 71
KLOUSULE 1 Die Bestuursraad 71
KLOUSULE 2 Die Streekleierskapsforum 72
KLOUSULE 3 Die Plaaslike Gemeente 73
AANHANGSEL
E VERGADERINGS EN PROSEDURE BY
VERGADERINGS 74
KLOUSULE 1 Prosedure by Vergaderings 74
KLOUSULE 2 Prosedure by Verkiesing van die Moderator 82
KLOUSULE 3 Prosedure by Verkiesing van Vise-Moderator 83
KLOUSULE 4 Beroepsprosedure in Gemeenteverband 83
KLOUSULE 5 Prosedure vir Wysigings aan Konstitusie en
Aanhangsels 85
KLOUSULE 6 Prosedure by hou van Gemeentevergaderings 87
AANHANGSEL
F TUGMAATREëLS 88
KLOUSULE 1 Die Grondslag van Tug 88
KLOUSULE 2 Redelike Handeling 88
KLOUSULE 3 Bybelse Beginsels en Tug 89
KLOUSULE 4 Tug van Lidmate 89
KLOUSULE 5 Tug van Pastore 91
AANHANGSEL
G OPLEIDING 94
KLOUSULE 1 Formele Teologiese Opleiding 94
AANHANGSEL
H HUWELIKE 102
KLOUSULE 1 Die Huwelik en Egskeiding 102
KLOUSULE 2
Die Huweliksbevestiger 103
KLOUSULE 3 Die Huweliksformulier 104
AANHANGSEL
I DOOP 107
KLOUSULE 1 Die Doop 107
AANHANGSEL
J FORMULIER VIR ORDENINGSGELEENTHEID 108
KLOUSULE 1 Die Amp as Pastoor en die Woord van God 108
KLOUSULE 2 Die Ordeningsformulier 109
Nuwe Begin Bedieninge
KONSTITUSIE
Vir litigasie en vertolking van die Konstitusie en die Aanhangsels sal
die Afrikaanse weergawe as die oorspronklike teks beskou word. Dit is die bede van die Kerk dat die
Konstitusie en die Aanhansels altyd die wil van Jesus Christus sal vertolk.
Elke verwysing na die manlike geslag is ook ‘n verwysing na die vroulike
geslag, tensy anders uitdruklik aangedui en sluit verwysings na regspersone in.
Opskrifte is slegs vir
verwysingsdoeleindes en geen paragraaf moet apart van die Konstitusie of die
Aanhalings in geheel, uitgehaal of geïnterpreteer word nie.

Nuwe Begin Bedieninge
DEFINISIES
AANHANGSEL beteken enige Aanhangsel hiertoe
welke Aanhangsel ‘n ondersteuningsdokument tot die Konstitusie vorm, en ten
doel het dat dit met die proses en bestuur van die Kerk handel.
BEDIENING beteken
enige bediening deur enige Lidmaat, Leier, Pastoor of Persoon ingevolge die
Woord van God vervat in
Rom.12,
1Kor.12 en
Efes.4
BESTUURSRAAD beteken
die Raad, wie ingevolge die funksionele werksaamhede aangestel is, as die
Uitvoerende gesag van die Kerk.
NUWE BEGIN BEDIENINGE beteken die formele erkende Teologiese
Opleidingsentrum van die Kerk.
BEVESTIG beteken die amptelike bevestiging van ‘n
groep gelowiges as ‘n Gemeente
GEMEENTE beteken ‘n groep mense, wie op ‘n gereelde
basis bymekaar kom om die Here Jesus Christus te aanbid en gesamentlik hulle
geloof, soos hierin uiteengesit, uit te leef, en wat as sodanig deur die
Bestuursraad erken en bevestig is.
HUWELIKSBEVESTIGER beteken ‘n Geordende Pastoor, Pastoor op Proef
of Proponent, wie deur die Bestuursraad aanbeveel en suksesvol die
huweliksregte eksamen te Binnelandse Sake afgelê het en as sulks deur
Binnelandse Sake as Huweliksbevestiger erken en aangestel is.
KERK beteken Nuwe Begin Bedieninge, ‘n
Christelike, nie-winsgewende Kerkgenootskap wat in die Evangelie van die Here
Jesus Christus glo, en die Bybel as die soewereine Woord van God aanvaar, en
die beginsels daarin nastreef en waarna hierin verwys beteken dit, die Kerk
nasionaal en internasionaal, sowel as na die Hoofkantoor soos bestuur deur die
Bestuursraad.
KONSTITUSIE die
grondwet van die Kerk
LIDMAAT beteken enige persoon wie skriftelik
Gemeentelidmaatskap aanvaar het volgens hierdie Konstitusie soos uiteengesit in
Aanhangsel B onder Gemeenteriglyne.
MODERATUUR beteken die Raad, wie
saamgestel is en ten doel het om Visie, Missie, Doelwitte en Strategieë soos in
die funksionele werksaamhede van die Konstitusie uiteengesit, daar te stel.
PASTOOR beteken enige gekwalifiseerde persoon,
wie as sodanig deur die Bestuursraad van die Kerk aanvaar en aangestel is.
REGSPERSOON beteken enige Raad of Gemeente,
wie die voorregte en verpligtinge van ‘n onafhanklike entiteit geniet.
STREEKLEIER beteken ‘n persoon, wie as
sodanig dien ingevolge die funksionele werksaamhede van die Streek.

Nuwe Begin Bedieninge
ARTIKELS
ARTIKEL 1
1.1 SOEWEREINITEIT VAN KONSTITUSIE
Hierdie Konstitusie is die grondwet van die Kerk en enige ander besluit,
gedrag, optrede en/of maatreël, besluit van enige aard wat met hierdie
Konstitusie teenstrydig is, is nietig en van nul en gener waarde. Hierdie
Konstitusie is voorskriftelik van aard en moet in elke opsig nagekom word deur
alle persone wat lidmaat is.
ARTIKEL 2
2.1 DOEL – Konstitusie
Die doel van hierdie Konstiusie is om te verseker dat die goeie orde van
die Kerk gehandhaaf en bevorder word en om voorskrifte en riglyne daar te stel.
Ter ondersteuning van die Konstitusie word daar na die volgende Aanhangsels
verwys:
2.1.1 Aanhangsel A: Funksionele Werksaamhede
2.1.2 Aanhangsel B: Die Plaaslike Gemeente
2.1.3 Aanhangsel C: Finansiële Beleid
2.1.4 Aanhangsel D: Roerende en Nie-Roerende Bates
2.1.5 Aanhangsel E: Vergaderings en Prosedures by
Vergaderings
2.1.6 Aanhangsel F: Tugmaatreëls
2.1.7 Aanhangsel G: Opleiding
2.1.8 Aanhangsel H: Huwelike
2.1.9 Aanhangsel I: Doop
2.1.10 Aanhangsel J: Formulier vir Ordeningsgeleentheid
ARTIKEL 3
3.1 AANHANGSELS van die Konstitusie
Elke Aanhangsel hiertoe, vorm deel van hierdie
Konstitusie en is spesifiek hierby ingelyf. Die doel van die Aanhangsels is
logisties van aard en daar word geensins bedoel dat die Aanhangsels losstaande
van die Konstitusie geïnterpreteer moet word nie.
ARTIKEL 4
4.1 WYSIGINGS aan Konstitusie en Aanhangsels
4.1.1 Wysigings aan Konstitusie
geskied volgens die prosedure soos bepaal in Aanhangsel E; Klousile 5(5.1)
4.1.2
Wysigings
aan Aanhangsels geskied volgens die prosedure soos bepaal in Aanhangsel E;
Klousile 5(5.2)
ARTIKEL 5
5.1 NAAM VAN DIE KERK
Die Naam van die Kerk is: Nuwe Begin Bedieninge
(Joh.1:1) en in Engels: New Beginning Ministries, en is ’n nie-winsgewende
Christelike Kerkgenootskap wat in 2024 gestig is.
5.2 GELOOFSBELYDENIS
Die Kerk onderhou en promoveer die volgende
geloofsbeginsels:
5.2.1
Ons glo
die Bybel as die geïnspireerde Woord van God, ewig en onfeilbaar en dat dit
gesaghebbend die wil van God vir die mens verkondig en alles leer wat vir
saligheid nodig is.
(Ps.119:160
Rom.15:4
2Tim.3:16)
5.2.2
Ons glo in
die Enige Waaragtige God van die Bybel – Vader, Seun en Heilige Gees.
(Deut.6:4
Job23:13
Jes.44:6
Sag.14:9
Mark.12:29
Joh.17:3
Kol.2:9
Jak.2:19
Openb.4:2,8)
(a) Ons glo in God die Vader, ewig, onsigbaar en
alomteenwoordig.
(Deut.4:12
Joh.1:18
Joh.5:37
1Tim.6:16)
(b) Ons glo in die eniggebore Seun van God, Jesus
Christus, die Woord wat Vlees geword het.
(Jes. 7:14,
Matt.1:23
Joh.1:14
Joh.3:16
Gal.4:4
1Tim.3:16
Heb.2:14
1Joh.5:20
Openb.1:18)
(c) Ons glo in die Heilige Gees wat die Gees van
die Vader en Christus is, wat die wêreld oortuig van sonde, geregtigheid en
oordeel en die mens in die hele waarheid lei.
(Joh.4:16,17,26
Joh.15:26
Joh.16:7,8,13
Rom8:9
1Kor2:11
2Kor3:17)
5.2.3
Ons glo in
die maagdelike geboorte en Godheid van Jesus Christus die Here, Sy kruisdood,
opstanding op die derde dag, hemelvaart en wederkoms.
(Lev.23:1-44
Jes.7:14
Jes.9:5
Matt.1:23
Matt.12:38-40
Matt.27:32-56
Matt.28:1-10
Mark.16:1-7
Luk.22:1-20
Luk.23:56
Joh.19:31
Hand.1:9-11
1Kor.15:1-3
Gal.4:4
Tit.2:13)
5.2.4
Ons glo
dat alle mense hulle moet bekeer en weergebore moet word uit water en Gees en
dat almal wat glo in die verlossingswerk van Jesus Christus gedoop moet word
tot vergifnis van hulle sonde deur enkelvoudige onderdompeling in die Naam van
die Vader, Seun en Heilige Gees.
(Matt.28:19)
5.2.5
Ons glo in
die uitstorting van en doping in die Heilige Gees, waarvan die uiterlike teken
die spreek in ander en nuwe tale is. Ons glo aan die genadegawes van die
Heilige Gees, soos weergegee in die Woord van God, waarvolgens die Kerk
toegerus moet word vir dienswerk.
(Joël2:28,29
Matt.3:11
Mark.16:17
Hand.2:1-4,38
Hand.19:1-6
Rom.12:3-8
1Kor.14:21
1Kor.12:1-31
Efes.4:7-16
1Pet.4:10)
5.2.6
Ons glo
dat die Kerk geroep is tot gehoorsaamheid aan die uitvoering van die Groot
Gebod en Groot Opdrag.
(Matt. 22:36-40
Matt.7:12
Matt.28:19
Mark.16:15
1Kor.10:24)
5.2.7
Ons glo
aan die opstanding van die dode tot die ewige lewe, of die ewige verderf en ‘n
oordeelsdag waar Jesus Christus die lewende en dode sal oordeel en dat daar ‘n
nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gaan wees waar God in heerlikheid en geregtigheid
sal regeer.
(Sag.14:9
Matt.24:40,41
Joh.5:28,29
1Kor.15:42
1Thes.4:13-17
2Pet.3:13
Openb.20:11-15
Openb.21
Openb.22)
5.2.8
Ons glo
aan die gereelde bediening van en deelname aan die Nagmaal wat ‘n instelling is
van Jesus Christus en deur die Kerk onderhou moet word.
(Matt.26:26-29
1Kor.10:14-22
1Kor.11:23-33)
5.2.9
Ons glo
aan heiligmaking deurdat elke Christen ‘n dissipel van Jesus Christus moet wees
en ‘n toegewyde en heilige lewe moet lei volgens die vrug van die Gees.
(Efes.5:22
Matt.5:48
1Kor.6:19,20
Heb,12:13-16
1Pet.1:14:16)
5.2.10
Ons glo
aan Goddelike genesing.
(Luk.4:18,19
Ex.15:26
Jes.53:4,5
Matt.8:17
Mark.16:18
Jak.5:14-16
1Pet.2:24)
5.2.11
Ons glo
dat Jesus Christus vir ons die voorbeeld van vergifnis en diensbaarheid gestel
het, byvoorbeeld deur die dissipels se voete te was.
(Joh.13:5-17)
5.2.12
Ons glo
dat alle Christene in gemeenskap met mekaar moet verkeer, mekaar moet stig en
daarom nie hulle onderlinge byeenkomste mag nalaat nie.
(Ps. 27:4
Ps.122:1
Hand.2:47
Heb.5:14
Heb.10:25)
5.2.13
Ons glo
dat alle Christene die tiende van al hulle inkomste, asook hulle offergawes na
die Huis van die Here moet bring.
(Gen.14:18-20
1Kron.29:10-16
Spr.3:9,10
Mal.3:10
Matt.23:23
Luk.6:38
1Kor.16:2
2Kor.8:2,3
2Kor.9:6,7
Heb.7:1,2)
5.2.14
Ons glo
dat alle Christene hulle aan alle Goddelike instellings en owerhede moet
onderwerp, solank dit nie teen die Woord van God indruis nie.
(Rom. 13:1,7
1Pet.2:13-17)
5.3 LIGGING VAN HOOFKANTOOR
Die
Hoofkantoor van die Kerk is gevestig te Seemeeuwoonstelle 42, Hoeke van
Whyteleaferylaan en Hoetssingel, wat geleë is in Algoapark.
ARTIKEL 6
6.1 FUNKSIONELE WERKSAAMHEDE
6.1.1 Die Kerk word funksioneel bestuur deur:
a. Die Nasionale Werkersforum (Wetgewende Gesag)
b. Die Bestuursraad (Uitvoerende Gesag)
c. Die Moderatuur (Verteenwoordiger)
d. Die Nasionale Leierskapsforum (Beleidsbepaling)
e. Die Streekleierskapsforum (Streekaangeleenthede)
f. Die Plaaslike geleenthede
6.1.2 Die funksionele werksaamhede van die Kerk word in Aanhangsel A
uiteengesit.
ARTIKEL 7
7.1 PLAASLIKE GEMEENTES
7.1.1 Die Kerk het ten doel om Gemeentes nasionaal en internasionaal te
stig, op te lei en toe te rus, ten einde die Evangelie van Jesus Christus te
bevorder, Elke Gemeente word bestuur volgens die riglyne en voorskrifte soos
vervat in Aanhangsel B.
ARTIKEL 8
8.1 FINANSIëLE BELEID
8.1.1 Die Kerk sowel as alle Gemeentes is gebonde aan die voorgeskrewe
finansiële beleid. Die finansiële beleid word in Aanhangsel C hiertoe
uiteengesit.
ARTIKEL 9
9.1 BATES
9.1.1 Die Kerk sowel as Gemeentes en Streke is bevoeg en in staat om
vaste en roerende bates aan te koop, te beswaar en te vervreem na hul
goeddunke, alle bates sal ingevolge Aanhangsel D mee gehandel word.
Enige transaksie wat tot nadeel van die Kerk deur enige Gemeente of deur die
Streekleierskapsforum beklink word, is na keuse van die Bestuursraad ab
initio nietig.
9.1.2 Die Kerk sal al sy eiendom van welke aard, soort of beskrywing ook
al in sy eie naam behou, afsonderlik van sy lede.
ARTIKEL 10
10.1 VERGADERINGS
10.1.1 Alle vergaderings, hetsy deur die Kerk en/of Gemeentes of enige
ander departement en/of afdeling en/of bediening sal volgens die prosedure
beskryf in Aanhangsel E verloop. Alle vergaderings sal op die tydstippe
soos in Aanhangsel A en/of Aanhangsel B uiteengesit gehou word.
Vir doeleindes hiervan en waar nodig moet beide Aanhangsels saam gelees word.
ARTIKEL 11
11.1 TUGMAATREëLS
11.1.1
Die doel van tug is om enige persoon korrektief te dissiplineer.
11.1.2 Persone wie hierdie Konstitusie nie nakom nie of enige voorskrif of
maatreël oortree of nalaat om enige gebiedende voorskrif na te kom, of enigsins
hulself op so wyse gedra dat hulle gedrag tot nadeel van die Kerk strek, sal
volgens Aanhangsel F mee gehandel word.
11.1.3 Waar daar egter verskille onder lidmate ontstaan, sal daar eerstens
volgens die goeie orde van die Bybel soos beskryf in 1Kor.6:1-11 ondersoek
gelas word. Tugmaatreëls soos uiteengesit in Aanhangsel F moet gevolg
word.
ARTIKEL 12
12.1 REGS-EN ADMINISTRATIEWE PROSESSE
12.1.1 Die Kerk is gemagtig om:
a) Enige regsgeding.
Saak of stappe by enige forum of hof van welke
aard ookal te inisieër, te verdedig, te voer, te skik of enige ander wyse na
hul goeddunke te handel.
ARTIKEL 13
13.1 OPLEIDING
13.1.1 Die Kerk het ten doel om Pastore en Gemeentelede toe te rus en op te
lei, ten einde die doel van die Kerk te verwesenlik.
13.1.2 Pastore sal deurlopende toerusting soos van tyd tot tyd deur die
Moderatuur voorgeskryf, ontvang.
13.1.3 Gemeentelede kan opleiding soos deur die Pastore en die
Gemeenteleierskap voorsien, deurloop soos in Aanhangsel G neergelê, ten
einde:
a) Geestelike
toerusting te bekom om geestelike groei te bewerkstellig.
b) Gespesialiseerde leierskaptoerusting te ontvang, ten einde in
‘n bediening te funksioneer.
13.1.4 Opleiding word slegs deur gekwalifiseerde persone aangebied soos in Aanhansel
G omskryf.
ARTIKEL 14
14.1 HUWELIKE
14.1.1 Die huwelik is ‘n instelling deur God gegee en slegs huwelike soos
deur die Bybel neergelê word toegelaat, soos omskryf in Aanhangsel H.
14.1.2 Slegs heteroseksuele huwelike sal
voltrek word.
14.1.3 Die Huweliksformulier soos in Aanhangsel H; Klousule 3 word
vir Huweliksbevestigers aanbeveel.
ARTIKEL 15
15.1 DOOP
15.1.1 Die Doopformulier word deur die Kerk voorgeskryf soos in Aanhangsel
I en alle doopkandidate sal daarvolgens gedoop word.

Nuwe Begin Bedieninge
AANHANGSEL A
FUNKSIONELE
WERKSAAMHEDE
KLOUSULE 1: NASIONALE
WERKERSFORUM
1.1 DOEL EN SAMESTELLING
Die Nasionale Werkersforum is die Wetgewende
gesag van die Kerk en word saamgestel uit:
1.1.1
Gelegitimeerde
Pastore van die Kerk (Geordende Pastore en Pastore op Proef)
1.1.2
Pastore
Emeriti
1.1.3
Die
Bestuursraad
1.1.4
Die
Moderatuur
1.1.5
Een
afgevaardigde uit elke erkende Gemeente (Moet ‘n lid van die Leierskap in die
Gemeente wees.)
1.2 FUNKSIES VAN DIE NASIONALE WERKERSFORUM
1.2.1
Die
oorhoofse funksie van die Jaarlikse Nasionale Werkersforum is om sake van
Nasionale belang met die Kerk te bespreek en deur te voer.
1.2.2
Behandel
sake wat deur die Bestuursraad na die Werkersforum verwys is.
1.2.3
Bepaal
beleid ten opsigte van die Konstitusie.
1.2.4
Verleen
goedkeuring aan finansiële verslae en begroting.
1.2.5
Hanteer/bespreek
Visie, Missie, Doelwitte en Strategie vir die breë Kerk.
1.2.6
Die
drie-jaarlikse verkiesing van die Moderator en Vise-Moderator, asook die
hantering van enige voortydige bedankings uit een van die ampte.
1.2.7
Doen
drie-jaarliks die aanstelling van ‘n Sekretaris vir die Nasionale Werkersforum.
1.2.8
Die
Nasionale Werkersforum kan die reg uitoefen om van sy bevoegdhede aan die
Bestuursraad of Spesiale Komitees oor te dra en om metodes en wyses te bespreek
wat tot die algemene vooruitgang van die Kerk sal dien.
1.2.9
Is
verantwoordelik vir wysigings aan die Konstitusie soos bepaal in Artikel 4
van die Konstitusie.
1.3 STEMGEREGTIGHEID
1.3.1
Die
persone soos omskryf in Aanhangsel A; Klousile1(1.1) is stemgeregtig.
1.4 WAARNEMERS
1.4.1
Derdejaar
Teologiese Kollegestudente (Verpligtend)
1.4.2
Gades van
Pastore
1.4.3
Sodanige
ander persone wat die Nasionale Werkersforum mag bepaal.
1.5 BYWONING VAN VERGADERINGS
1.5.1
In die
hoogste belang van die Kerk moet dit duidelik verstaan word dat lede wie deel
vorm van die Nasionale Werkersforum vanaf die aanvang tot die afsluiting van
die vergadering teenwoordig moet wees. Enige lid wat nie ‘n vergadering kan
bywoon nie, moet die Hoofsekretaris vooraf skriftelik van sy afwesigheid verwittig,
asook die rede verstrek, geen lid wat die Nasionale Werkersforum bywoon sal
homself van enige sitting sonder toestemming kan verskoon nie.
1.6 KWORUM
1.6.1
‘n Kworum
word gevorm wanneer meer as die helfte van die Kerk se Gelegitimeerde Pastore
(Pastore Emeriti uitgesluit) teenwoordig is.
1.7 BYEENROEP VAN VERGADERINGS
1.7.1
Kennis van
vergaderings sal skriftelik aan lede gegee word ten minste dertig (30) dae voor
die aanvang van sodanige vergadering.
Die kennisgewing sal per epos of Whatsapp aan die jongste bekende eposadres
of Whatsapp telefoonnommer van elke lid gerig word.
1.7.2
Die
sakelys sal ten minste veertien (14) dae voor die aanvang van die vergadering
aan elke lid gestuur word.
1.7.3
Vir
doeleindes hiervan word die gewone betekenis van ‘n dag daaraan toegeskryf
ongeag of sodanige dag op ‘n openbare vankansiedag, naweek en/of werksdag val.
1.8 VERGADERINGFREKWENSIE
1.8.1
Die
Nasionale Werkersforum sal een maal elke drie jaar, tesame met die verkiesing
van die Moderator en die Vise-Moderator gehou word, tensy anders deur die Bestuursraad
bepaal.
1.9 VERVOERKOSTES
1.9.1
Hoofkantoor
is slegs verantwoordelik vir ‘n subsidie van vervoerkostes vir persone soos
beskryf in Aanhangsel A; Klousule 1 (1.1.1 – 1.1.4)
1.9.2
Die
vervoerkostes word bereken as die totale direkte reisafstand van die tuisdorp
na die plek van vergadering en terug minus 500 km, vergoed teen die vasgestelde
tarief per kilometer, plus die tolgelde.
1.9.3
Waar meer
as een persoon uit ‘n omgewing reis, moet sover moontlik van een voertuig
gebruik gemaak word.
1.9.4
Persone
soos omskryf in Aanhangsel A; Klousule 1 (1.1.5 en 1.1.6), asook
waarnemers soos beskryf in Aanhangsel A; Klousile 1 (1.4.1 en 1.4.2) se
reiskoste moet deur die Gemeente of Streek self betaal word.
1.9.5
Reiskoste
van persone soos in Aanhangsel A; Klousule 1 (1.4.3) omskryf, sal deur
die Bestuursraad bepaal word.
KLOUSULE 2: DIE
BESTUURSRAAD
2.1 DOEL EN SAMESTELLING
2.1.1 Die Bestuursraad tree op as die Uitvoerende Gesag van die Kerk, en
bestaan uit:
a. Lede van die Moderatuur
b. Drie
addisionele lede wat driejaarliks na elke verkiesing, deur die Moderatuur
aangewys word. Hierdie lede moet drie (3) opeenvolgende jare erkende diens as
‘n Geordende Pastoor van die Kerk gelewer het.
c. Die Voorsitters van Staande Komitees op
Ad-hoc-basis.
d. Die Bestuursraad kan van tyd tot tyd
addisionele koöpteer indien nodig.
2.2 FUNKSIES VAN BESTUURSRAAD
Die Bestuursraad is die raad wat:
2.2.1 Die
bewaarder is van leerstellige, etiese en liturgiese sake van die Kerk.
2.2.2 Die bewaarder van minimum opleidingsvereistes vir toetrede tot die
bediening is.
2.2.3 Vereistes
vir toetrede tot die bediening bepaal.
2.2.4 Jaarliks
die status van Pastore evalueer.
2.2.5 Ekumeniese
skakeling bevorder.
2.2.6 Die jaarlikse Nasionale Werkersforum saamroep en sake vir
bespreking bepaal.
2.2.7 Die Nasionale Leierskapvergaderings saamroep en sake vir bespreking
bepaal.
2.2.8 Die sake van die Kerk bestuur en sal al die magte toegestaan
ingevolge hierdie Konstitusie van die Kerk uitvoer.
2.2.9 Inkomste, uitgawes, bates en laste administreer en daarvoor
rekenskap gee, ingevolge die bepalings van die Finansiële Beleid wat deel vorm
van Aanhangsel C.
2.2.10 Besluite neem oor al die sake waarvoor nie in die Konstitusie of
Aanhangsels voorsiening gemaak is nie.
2.2.11 Oorhoofs toesien dat
beleidsaangeleenthede toegepas en uitgevoer word.
2.2.12 Bedankings
hanteer wat na die Raad verwys word.
2.2.13 Aansoeke
en/of aanbeveling tot Ordening evalueer en goedkeur.
2.2.14 Aansoeke vir aankope en verkope van Hoofkantoor eiendom evalueer en
goedkeur.
2.2.15 Aangeleenthede wat deur Streke verwys word, ondersoek en besluite
daaroor neem.
2.2.16 Alle sake wat deur die Moderatuur na die Raad verwys word, bespreek
en besluite daaroor neem.
2.2.17 Alle spesiale opdragte soos deur die Nasionale Werkersforum, asook
die Nasionale Leierskapsforum na die Raad verwys, uitvoer.
2.2.18 Verantwoordelik
is vir die aanstel van Streekleiers.
2.2.19 Verantwoordelik is vir die aanstel van
Staande en Ad-hoc Komitees.
2.2.20 Verantwoordelik is vir die aanstelling van ‘n Rektor vir Nuwe Begin
Bedieninge Bybelkollege.
2.2.21 Tugmaatreëls
toepas en/of kontroleer.
2.2.22 In belang van ‘n Streek optree, waar sake onbevredigend deur die
Streekleierskapforum en/of Streekleier opgelos is, of geen oplossing gevind is
nie.
2.2.23 Voor elke verkiesing van die Moderator en die Vise-Moderator moet
die Bestuursraad ‘n voorsitter uit die geledere van die nie-verkiesbare Pastore
aanwys om die verkiesing voor te sit.
2.3 REGSBEVOEGDHEID VAN DIE BESTUURSRAAD
2.3.1 Die Bestuursraad is ‘n regspersooon met
ewigdurende regsopvolging en is ‘n onafhanklike regspersoon onderskei van die
Kerk en/of sy lidmate en sal, onderhewig aan dfie voorskrifte van hierdie
Konstitusie geregtig wees om:
a. Vaste eiendom, bates en fondse te besit, te vervreem, te
beswaar of te verhuur onderskei van die Kerk en/of sy lidmate, soos verwys na Aanhangsel
D van hierdie Konstitusie.
b. Regte, verpligtinge, voorregte, magte en verantwoordelikhede
op te neem, onderskei van die Kerk en/of sy lidmate.
c. Regsaksies
in sy eie naam in te stel en/of te verdedig.
d. Regshandelinge
van watter aard ookal in sy eie naam te verrig.
e. Persone in diens te neem, welke indiensneming insluit die
aanstel van ‘n Pastoor of enige Bedienaar soos bedoel in hierdie Konstitusie.
f. Te sorg dat alle Streke en Gemeentes se optredes tot
voordeel van die Kerk se Visie, Missie, Doelwitte en Strategie is.
g. Tugverhore
en maatreëls toe te pas en te behartig soos nodig.
2.4 GEREGTELIKE STAPPE
2.4.1 Sou die Kerk betrokke raak in enige regsgeding, sal die beskikbare
Bestuursraadslede of ‘n persoon(e) namens die Kerk optree in sodanige
regsgeding.
2.5 VERGADERINGFREKWENSIE
2.5.1 Die Bestuursraad sal een keer elke drie maande of soos die
behoefte bepaal, bymekaar kom.
2.6 KWORUM
2.6.1
‘n Kworum
word gevorm wanneer meer as die helfte van die lede van die Bestuursraad
teenwoordig is.
2.7 OORDRAG VAN BEVOEGDHEDE
2.7.1
Enige
bevoegdhede van die Bestuursraad mag vir sodanige tydperke en onder sodanige
omstandigehede as wat hy goeddunk, gedelegeer word. Gedurende die periode van
delegering bly die Bestuursraad steeds aanspreeklik.
KLOUSULE 3: DIE
MODERATUUR
3.1 DOEL EN SAMESTELLING
3.1.1 Die
Moderatuur tree op as verteenwoordiger van die Bestuursraad en is
verantwoordelik vir die Geestelike versorging en rigting van die Kerk, en is as
volg saamgestel:
a. Die Moderator - Verkies deur Nasionale Werkersforum
b. Die Vise-Moderator - Verkies
deur Nasionale Werkersforum
c. Die Hoofsekretaris - Aangestel
deur Moderator en Vise-Moderator
d. Die Hooftesourier - Aangestel
deur Moderator en Vise-Moderator
3.2 FUNKSIES VAN DIE MODERATUUR
3.2.1 Die
Moderatuur is die Raad wat:
3.2.2 Visie,
Missie, Doelwitte en Strategie vir die kerk bepaal.
3.2.3 Verantwoordelik
is vir die algemene vooruitgang en uitbreiding van die Kerk.
3.2.4 Verantwoordelik is vir die deurlopende finansiële administrasie en
bestuur van Hoofkantoor en die Kerk.
3.2.5 Sake van belang aan die Bestuursraad voorlê vir bespreking en
besluitneming.
3.2.6 Verantwoordelik is vir die aanstelling van drie (3) addisionele
lede vir die Bestuursraad.
3.2.7 Verantwoordelik is vir die aanstelling van Hoofkantoorpersoneel en
vir die bepaling van die weksaamhede.
3.2.8 Verantwoordelik
is vir die bystand van die Moderator.
3.3 VERGADERINGFREKWENSIE
3.3.1
Die
Moderatuur sal elke drie maande, of soos die behoefte bestaan, vergader.
3.4 KWORUM
3.4.1 ‘n Kworum word gevorm wanneer meer as die helfte van die lede van
die Moderatuur teenwoordig is.
KLOUSULE 4: NASIONALE
LEIERSKAPFORUM
4.1 DOEL EN SAMESTELLING
4.1.1 Die Nasionale Leierskapsforum is verantwoordelik vir die
administratiewe verantwoordelikhede van die Streke en bestaan uit:
a.
Die Streekleiers
b.
Die lede van die Bestuursraad
c.
Die lede van die Moderatuur
d.
Die Rektor van die Teologiese
Kollege
e.
Die Bedieningskoordineerders
4.2 FUNKSIES VAN DIE NASIONALE LEIERSKAPSFORUM
4.2.1 Die
Nasionale Leierskapsforum is die Raad wat:
a. Geestelik omsien na die versorging van Pastore en Pastore op
Proef.
b. Administratief
omsien na alle werksaamhede in die Streek.
c. Die Visie, Missie. Doelwitte en Strategie van die Nasionale
Kerk deurvoer en monitor.
d. Verantwoordelik vir die wysigings aan die Aanhangsels en
Klousules van die Konstitusie soos beskryf in Artikel 4 van die
Konstitusie.
e. Die groei
van die Kerk moniteer.
f. Ekumeniese
skakel bevorder.
g. ‘n
Sekretaris vir die Nasionale Leierskapsforum aanstel.
h. Streekleiers
toerus.
i. Alle
aanbevelings na die Bestuursraad verwys
4.3 KWORUM
4.3.1 Kworum word gevorm wanneer meer as die helfte van die lede soos
beskryf in Aanhangsel A; Klousule 4(4.1) teenwoordig is.
4.4 VERGADERINGFREKWENSIE
4.4.1 Die Nasionale Leierskapsforum sal elke drie jaar vergader, tensy
anders deur die Bestuursraad bepaal.
4.5 INDELING VAN STREKE
4.5.1 Die
geografiese indeling van Nuwe Begin Bedieninge is as volg:
a. Streek 1: Oos-Kaap (Port
Elizabeth)
b. Streek 2: Noord-Wes (Stilfontein)
c. Streek 3 Oos-Kaap (Somerset-Oos)
KLOUSULE 5: DIE
STREEKLEIERSKAPFORUM
5.1 DOEL EN SAMESTELLING
5.1.1 Die Streekleierskapsforum is verantwoordelik vir die implementering
en deurvoer van die Kerk se visie, Missie, Doelwitte en Strategie op grondvlak
en bestaan uit:
a. Gelegitimeerde Pastore van die Streek (Geordende Pastore en
Pastore op Proef).
b. Pastore Emeriti.
c. Derdejaar Studente van Nuwe Begin Bedieninge.
d. Een afgevaardigde lid uit elke Gemeente (Moet ‘n lid uit die
Leierskap van die Gemeente wees).
e. Bedieningskoördineerders (Ad-hoc Komitees), waar van
toepassing.
f. Persone wat op uitnoding deur die Streekleier genooi is.
5.2 FUNKSIES
5.2.1 Die
Streekleierskapsforum is die Raad wat:
a. Gereeld die Nasionale Visie, Missie, Doelwitte en Strategie
van die Kerk in die Streek moniteer.
b. ‘n Kultuur en omgewing van groei binne die Streek skep.
c. Omsien na die welvaart en versorging van Pastore en Pastore
op Proef in die Streek.
d. Omsien na alle Administratiewe verantwoordelikhede in die
Streek.
e. Bevorder Ekumeniese skakeling in die Streek.
f. Doen aanbevelings rakende die ordinering van Pastore en
Pastore op Proef.
g. Hanteer probleme binne Streekverband en verwys onopgeloste
sake skriftelik na die Moderatuur.
h. Verwys mosies na die Moderatuur vir aanbeveling na die
Bestuursraad.
i. Stel verslae op aanvraag van die Moderatuur op vir
voorligging aan die Nasionale Leierskapsforum.
j. Is verantwoordelik vir die aanstelling van ‘n
Vise-Streekleier, asook ‘n Sekretaris en Tesourier.
k. Die reël van Streeksaktiwiteite na gelang die behoefte
ontstaan.
l. Is verantwoordelik vir die daarstel van ‘n Streekkantoor
vir die Bestuur van die Streek se aktiwiteite.
m.
(i) Alle
gemeente langtermynooreenkomste, Kontrakte of Oortrokke Fasisliteite moet deur
die Streekleier na die Streekleierskapsforum vir kennisname verwys word. Die
Streekleier word gemagtig om alle dokumente waar nodig namens die
Streekleierskapsforum te onderteken.
(ii) Waar slegs ‘n enkel Gemeente in ‘n Streek is, moet die
Moderatuur van die langtermynooreenkoms in kennis gestel word, en sal die
Moderator die dokumente onderteken indien nodig.
(iii) Finansiële State moet in alle gevalle aan die
Streekleierskapsforum of Moderatuur voorgelê word, ter motivering aan die
voorgenome lening en/of kontrakte.
5.3 VERGADERINGFREKWENSIE
5.3.1
Vergaderings
van die Streekleierskapsforum sal op tye en plekke gehou word soos deur hulself
bepaal.
5.3.2
Die
Streekleierskapsforum moet voor elke Nasionale Leierskapsforum ‘n vergadering
hou om die nodige verslae voor te berei.
5.4 KWORUM
5.4.1 Kworum word gevorm wanneer meer as die helfte van die lede van die
Pastore in die betrokke Streek teenwoordig is
5.5 STEMGEREGTIGHEID
5.5.1 ‘n Maksimum van drie (3) stemgeregtigdes, soos omskryf in Aanhangsel
A; Klousule 5(5.1.1(a-e)) uit elke Gemeente is stemgeregtig.
5.6 STREEKSAFBAKENING
5.6.1 Streke bestaan uit die groepering van Plaaslike Gemeentes binne
die bepaalde grense soos omskryf in Aanhangsel A; Klousile 4(4.5).
5.7 REGSBEVOEGDHEID VAN DIE STREEKLEIERSKAPFORUM
5.7.1. Elke Streekleierskapsforum is ‘n regspersoon met ewigdurende
regsopvolging, en is ‘n
onafhanklike Regspersoon onderskei van die Kerk en/of sy Lidmate en sal
onderhewig aan die voorskrifte van hierdie Konstitusie geregtig wees om:
a. Vaste eiendom, bates en fondse te besit, te vervreem, te
beswaar of te verhuur onderskei van die Kerk en/of sy lidmate soos verwys na Aanhangesel
D van hierdie Konstitusie.
b. Regte, verpligtinge, voorregte, magte en verantwoordelikhede
op te neem, onderskei van die Kerk en/of sy Lidmate.
c. Regsaksies in sy eie naam in te stel en/of te verdedig.
d. Regshandelinge van watter aard ookal in sy eie naam te
verrig.
e. Persone in diens te neem, welke indiensneming insluit die
aanstel van ‘n Pasoor of enige Bedienaar soos bedoel in hierdie Konstitusie.
f. Te sorg dat alle Pastore en Pastore op Proef se optrede tot
voordeel van die Kerk se Visie, Missie en Doelwitte is.
g. Tugaangeleenthede na die Bestuursraad te verwys soos omskryf
in Aanhangsel F.
5.8 ONTBINDING VAN ‘n STREEK
5.8.1 In die geval waar ‘n Streeksleierskapsforum ontbind, sal die
roerende en nie-roerende bates van sodanige Streek, sowel as van die Gemeentes
na die Bestuursraad oorgedra word en sal eiendomsreg dus in die Bestuursraad
setel. Hierdie Klousule is tot voordeel van die Bestuursraad wie gemagtig is om
slegs as voog op te tree, totdat daar met die eiendom of bates gehandel is.
5.9 AFWESIGHEID BY VERGADERINGS VAN DIE
STREEKSLEIERSKAPFORUM
5.9.1 Enige lid van die Streekleierskapsforum wat dit onmoontlik
vind om ‘n vergadering by te woon,
wanneer hy behoorlik daartoe gelas is, sal die Streekleier by wyse van ’n brief
of telefonies voor die aanvang van die vergadering van sy afwesigheid
verwittig. Wanneer ‘n lid in gebreke bly om aan hierdie vereistes te voldoen,
stel so ‘n inidividu hom bloot aan dissiplinêre stappe deur die Forum.
5.9.2 Indien enige lid van die Streekleiersforum sonder goeie rede
afwesig is van die vergaderings, stel so ‘n individu hom bloot aan dissiplinêre
optrede deur die Forum.
5.10 TAALVOORKEUR
5.10.1 Die taalvoorkeur van elke Streekleierskapsforum sal bepaal word deur
die betokke Streeksleierskapsforum
5.11 VERANTWOORDELIKHEDE VAN DIE LEDE VAN DIE STREEKLEIERSKAPFORUM
5.11.1 Dit sal die verantwoordelikheid van elke lid van die
Streekleierskapsforum wees om die vooruitgang te bevorder en die ontwikkeling
van die werk in daardie Streek aan te help. Dit kan alleenlik gebeur deur die
heelhartige samewerking van elke lid van die Streekleierskapsforum wat in
eensgesindheid saam met ander lede en saam met die Streekleier optree, tewyl
laasgenoemde primêr verantwoordelik is vir die geestelike oorsig van die hele
Streek.
5.12 DELEGERING VAN BEVOEGDHEDE
5.12.1 Die Streekleierskapsforum kan gesag na Sub-Komitees delegeer waar
hulle dit nodig ag.
KLOUSULE 6: BEDIENINGE
6.1 DIE MODERATOR
6.1.1 Die
Bediening van die Moderator
Die Moderator word verkies as leier van die
Kerk en sal gevolglik geregtig wees op die hoogste agting en konsiderasie deur
die lede van die Kerk en hierdie verantwoordelike amp sal nie gevul word deur
enige persoon wat nie minstens vyf (5) opeenvolgende jare van erkende diens as
‘n Geordende Pastoor van die Kerk gelewer het nie.
6.1.2 Funksies
van die Moderator
a. Om as geestelike leier van die Kerk op te tree in terme van:
i. Pastorale
Begeleiding
ii. Kerkbestuur
iii. Pastorale
Versorging
b. Hy sal te alle tye ‘n voorbeeld voorhou van:
i. Die
waardigheid van die Bediening
ii. Die
beoefening van die geloof
iii. Standvastige lojaliteit teenoor die Kerk
en sy Werkers.
c. Om ‘n Visie, Missie, Doelwitte en Strategie vir die
Nasionale Kerk daar te stel.
d. Is verantwoordelik vir die toerusting en motivering van
Streek- en ander Geestelike Leiers.
e. Is verantwoordelik vir delegering, kontrollering en
implimentering van die groeiproses op Streekvlak.
f. Om spesiale opdragte van die Nasionale Werkers- en
Nasionale Leierskapsform en Bestuursraad uit te voer.
g. Om as Voorsitter te presideer by vergaderings van die:
i. Moderatuur
ii. Bestuursraad
iii. Nasionale Leierskapsforum
iv. Nasionale Werkersforum
h. Om Nuwe Begin Bedieninge tydens spesiale geleenthede te
verteenwoordig.
i. Om Ekumeniese skakeling te bevorder.
j. Om in samewerking met die betrokke Streekleier reëlings te
tref rakende die ordenering en bevestiging van Pastore asook Gemeentes.
k. Om in samewerking met die Vise-Moderator die volgende
aanstellings te doen:
i. Hoofsekretaris
ii. Hooftesourier
l. Om persoonlike besoeke aan Gemeentes te bring waar
moontlik.
6.1.3 Verkiesing
en duur van die ampstermyn van die Moderator
a. Hy sal drie-jaarliks deur die Nasionale Werkersforum verkies
word. Die Nasionale Werkersforum sal bepaal of dit in voltydse of deeltydse
hoedanigheid sal wees in oorleg met die heersende omstandigede.
6.1.4 Vakkante
vakature in die hoedanigheid as Moderator
a. Indien daar ‘n vakature in die hoedanigheid van Moderator
ontstaan, sal die Vise-Moderator as Moderator waarneem.
b. Die Bestuursraad sal die aangeleentheid verwys na die
eersvolgende Nasionale Werkersforum vir beslissing.
6.2 DIE VISE-MODERATOR
6.2.1 Die
bediening van die Vise-Moderator
Die Vise-Moderator word verkies om die
Moderator by te staan in die algemene begeleiding: bestuur en versorging van die
Kerk gedurende sy ampstermyn. Hy sal gevolglik geregtig wees op die hoogste
agting en konsiderasie deur die lede van die Kerk en hierdie verantwoordelike
amp sal nie gevul word deur enige persoon wat nie minstens vyf (5)
opeenvolgende jare van erkende diens as ‘n Geordende Pastoor van die Kerk
gelewer het nie.
6.2.2 Funksies
van die Vise-Moderator
a. In die Moderator te assisteer in terme van die Visie,
Missie, Doelwitte en Strategie van die Kerk.
b. Om
op versoek, of in die afwesigheid van die Moderator te presideer as Voorsitter
by vergaderings van die:
i) Moderatuur
ii) Bestuursraad
iii) Nasionale Leierskapsforum
iv) Nasionale Werkersforum
c. Om Nuwe Begin Bedieninge tydens spesiale geleenthede, in
afwesigheid van, of op versoek van die Moderator te verteenwoordig.
d. Om
spesiale opdragte
i) Hoofsekretaris
ii) Hooftesourier
6.2.3
Verkiesing
en duur van die Ampstermyn van die Vise-Moderator
a. Hy sal drie-jaarliks deur die Nasionale Werkersforum verkies
word. Die Nasionale Werkersforum sal bepaal of dit in ‘n voltydse of deeltydse
hoedanigheid sal wees, in oorleg met heersende omstandighede.
b. Sy vergoeding sal deur die Bestuursraad bepaal word, volgens
die riglyne soos uiteengesit in Aanhangsel C; Klousile 7(7.2)
6.2.4
Vakante
vakature in die hoedanigheid as Vise-Moderator
a. Indien daar ‘n vakature
in die hoedanigheid van Vise-Moderator ontstaan, sal die Bestuursraad die
aangeleentheid na die eersvolgende Nasionale Werkersforum verwys vir
beslissing.
6.3
DIE
HOOFSEKRETARIS
6.3.1 Die
Bediening van die Hoofsekretaris
a. Die Hoofsekretaris word aangestel om die Administratiewe
aangeleenthede van die Kerk te bestuur.
6.3.2 Funksies
van die Hoofsekretaris
a. Bestuur
Hoofkantoor Administratief op ‘n daaglikse basis
b. Hanteer
alle Hoofkantoor Korrespondensie
c. Organiseer die neem, goedkeuring en liasering van Hoofkantoor
Notules
d. Verantwoordelik vir interne en eksterne skakeling oor
Hoofkantoor- en Kerkaangeleenthede
e. Verwys sake na Moderator, Moderatuur en/of Bestuursraad waar
nodig
f. Verantwoordelik vir instandhouding en opdatering van:
i) Pastore
en persoonlike inligting
ii) Gemeente
aangeleenthede
iii) Streeksaangeleenthede
g. Voer spesiale opdragte uit soos deur die Moderatuur of
Bestuursraad versoek.
6.3.3
Aanstelling
en duur van die ampstermyn van die Hoofsekretaris
a. Hy sal drie-jaarliks deur die Moderator en en Vise-Moderator
aangestel word.
b. Sy vergoeding sal deur die Bestuursraad bepaal word, volgens
die riglyne soos uiteengesit in Aanhangsel C; Klousile 7(7.3).
6.3.4
Vakante
vakature in die hoedanigheid as Hoofsekretaris
a. Indien daar ‘n vakature in die hoedanigheid van die
Hoofsekretaris ontstaan, sal die Moderatuur ‘n aanstelling maak.
6.4
DIE
HOOFTESOURIER
6.4.1 Die
Bediening van die Hooftesourier
Die Hooftesourier word aangestel om die
Finansiële aangeleenthede van die Kerk te bestuur.
6.4.2 Die
funksies van die Hooftesourier
a. Hoofkantoor
verantwoordelikhede
i) Daarstel van ‘n Jaarlikse Begroting
vir Hoofkantoor.
ii) Die
monitering van Inkomste en Uitgawes t.o.v. die Begroting.
iii) Die daarstel en monitering van doeltreffende finansiële
stelsels en finansiële reëls.
iv) Die daarstel en ouditering van Jaarstate vir voorlegging.
v) Die uitvoer van spesiale opdragte soos versoek deur
Moderatuur.
vi) Verwys sake na Moderator, Moderatuur of Bestuursraad waar
nodig.
b. Streekverantwoordelikhede
i)
Skakeling
met Streke i.v.m. die daarstel en monitering van finansiële stelsels.
ii)
Maandelikse
moniering van finansiële beleid t.o.v. gemeentelike verpligtinge.
6.4.3 Aanstelling
en duur van die ampstermyn van die Hooftesourier
a. Hy sal drie-jaarliks deur die Moderator en en Vise-Moderator
aangestel word.
b. Sy vergoeding sal deur die Bestuursraad bepaal word, volgens
die riglyne soos uiteengesit in Aanhangsel A; Klousile 7(7.4).
6.4.4 Vakante
vakature in die hoedanigheid as Hooftesourier
a. Indien daar ‘n vakature in die hoedanigheid as ‘n
Hooftesourier ontstaan, sal die Moderatuur ‘n aanstelling maak.
6.4.5 Koöptering
van Addisionele Lede
a. Die Hooftesourier mag addisionele lede koöpteer om
bogenoemde pligte uit te voer in Aanhangsel A; Klousile 6(6.4.2).
6.5
DIE
STREEKLEIER
6.5.1 Die Bediening van die Streekleier
Die Streekleier word aangestel om die Kerk op
Streeksvlak te verteenwoordig en te bestuur.
6.5.2
Die
funksies van die Streekleier
a.
Die
uitbouïng en opbouïng van die Streek.
b.
Die
uitvoer van die Visie, Missie, Doelwitte en Strategie van die Korporatiewe Kerk
in die Streek.
c.
Die
monitering met betrekking tot die proses van groei.
d.
Verslagdoelwitting
aan die Moderatuur en Nasionale Leierskapsforum.
e.
Sitting op
die Moderatuur en Bestuursraad wanneer ‘n saak van die Streek ter sprake is.
f.
Presideer
tydens die vergadering van die Streekleierskapsforum.
g.
Vergewis
hom van die toestand van die Kerkkomplekse in sy streek.
h.
Motiveer
Pastore in die Streek en skep geleenthede om die Leierskap toe te rus.
i.
Verantwoordelik
vir die uitvoer van opdragte soos bepaal deur die Moderatuur en Bestuursraad.
j.
Bestuur
die daaglikse aktiwiteite in die Streek.
k.
Verantwoordelik
vir die Pastorate begeleiding van die Streek.
l.
Versekeer
Pastorate versorging van Pastore en Pastore op Proef in die Streek.
m.
Verantwoordelik
vir die daarstelling en administrasie van ‘n Streekfonds, ten einde die nodige
finansies beskikbaar te hê soos benodig.
n.
Alle
bedankings van Pastore in die Streek sal deur die Streekleier hanteer word, en
hy sal sodanige bedankings na die Streekleierskapsforum verwys. Kennisname moet
voor afhandeling en daarna aan Hoofkantoor deurgegee word.
o.
Hantering
van Tugmaatreëls waar van toepassing soos omskryf in Aanhangsel F.
p.
Beroepsvergadering
en Voorstelling van beroepte Pastore, asook die Bevestiging van Nuwe Gemeentes
sal in oorleg met die Moderator gedoen word.
6.5.3
Aanstelling
en duur van die ampstermyn van die Hooftesourier
a. Hy
sal drie-jaarliks deur die Bestuursraad aangewys word.
b. Sy vergoeding sal deur die Streeksleierskapsforum bepaal
word, volgens die riglyne soos uiteengesit in Aanhangsel C; Klousile 7(7.5).
6.5.4
Vakante
vakature in die hoedanigheid as Streekleier
a. Indien daar ‘n vakature in die hoedanigheid van Streekleier
ontstaan, sal die Bestuursraad ‘n aanstelling maak.
6.5.5 Finansiële magte en
verantwoordelikhede
a. Elke Streekleier is verantwoordelik vir die implementering
van die Kerk se Finansiële Beleid soos omskryf in Aanhangsel C deur elke
Pastoor, Pastoor op Proef en Proponent binne sy Streek.
b. Die Streekleier is verantwoordelik vir die ondertekening van
die verslag met betrekking tot die ouditering van die Finansiële Boeke en
jaarlikse Finansiële State soos omskryf in Aanhangsel C; Klousule 6(6.6.2)
van die Gemeentes wat in sy Streek is.
6.5.6
Spesiale
magte en verantwoordelikhede
a. Skeuring
en verdeeldheid
i. Wanneer enige bestaande Plaaslike Gemeentebinne die
Streeksraad deur skeuring of verdeeldheid bedreig word, (1Kor1:10 1Kor12:25) waardeur die eenheid van so ‘n
Plaasllike Gemeente vesteur word, sal die Streekleier in sulke ernstige gevalle
gemagtig wees om tussenbeide te tree en tot sodanige optrede oor te gaan as wat
hy nodig ag in die hoogste belang van daardie Plaaslike Gemeente en die Kerk as
‘n geheel.
b. Ondersteunning
deur die Moderatuur
i. Wanneer die Streekleier se individuele pogings misluk om
geestelike eenheid in sodanige Plaaslike Gemeente te herstel, sal hy hom op die
ondersteuning van die Moderatuur beroep met die oog op spoedige beslegtiging.
6.5.7
Verantwoordbaarheid
van die Streekleier
a. Die
Streekleiers sal verantwoording doen aan die Bestuursraad.
6.6
DIE
PASTOOR
6.6.1 Legitimering van die
Pastoor
Die Pastoor word tot
die Bediening gelegitimeer om as:
a. Presiderende Pastoor van ‘n Gemeente op
te tree
b. Hulppastoor by ‘n Gemeente op te tree
c. ‘n Pastoor in ‘n gespesialiseerde Bediening soos deur die
Kerk erken, op te tree
6.6.2 Funksies van die Pastoor
a. Die uitbreiding van die Koninkryk van God deur die
verkondiging van die Woord van God en die Evangelie van Jesus Christus, en die
bediening van die Sakramente.
b. Die Pastorale begeleiding, bestuur en versorging van die
Gemeente en sy Lidmate.
c. In die geval van ‘n Hulppastoor sal sy funksie wees om
bystand te verleen met betrekking tot die Pastorale begeleiding, bestuur en
versorging van die Gemeente en sy Lidmate soos deur homself, die Presiderende
Pastoor en die Bestuursraad van die Gemeente ooreengekom.
d. In die geval van ‘n Pastoor in ‘n Gespesialiseerde Bediening
sal sy funksie wees om sy Bediening te lei, te bestuur en almal in die
Bediening Pastoraal te versorg.
e. Enige ander Kerklike pligte soos deur die Kerk van hom
verwag, en soos van tyd tot tyd aan hom gedeligeer.
f. Sien verdere uiteensetting van die Pastoor in
Gemeenteverband, soos uiteengesit in Aanhangsel B in hierdie
Konstitusie.
6.6.3 Die status van die Pastoor
a. Ordeningstatus word deiur die
Bestuursraad aan ‘n Pastoor toegeken.
b. Die volgende vereistes is noodsaaklik vir die behoud van die
Pastoor se Ordenigstatus:
i. Pastore kan slegs Ordeningstatus in Nuwe Begin Bedieninge
behou as hulle aktief volgens die Visie, Missie, Doelwitte en Strategie van die
Nasionale Kerk in die Werk van die HERE betrokke is.
ii. Dit word vereis dat alle Pastore ‘n lid van ‘n Plaaslike
Gemeente moet wees, en betrokke sal wees as die Senior Pastoor, of as Hulppastoor,
of in ‘n Bediening (binne Gemeente of Kerkverband) wat deur die Nasionale Kerk
erken en aanvaar word.
iii. Alle Pastore moet dien in ‘n Streek en deel wees van die
betrokke Streekleierskapsforum waar vereis word dat hulle aktief sal deelneem.
iv. Die aktiwiteite van alle Pastore sal deur die
Streekleierskapsforum gemoniteer word in terme van:
Bestuur
Nasionale Begeleiding
Pastorale Versorging
c. Pastore wat hulle Ordeningstatus verloor, kan by die
Bestuursraad weer aansoek doen vir herstel van hulle status.
6.6.4 Bedanking van Pastore
a. In die geval van die Presiderende
Pastoor die Gemeente wil bedank, moet:
i. Hy die Gemeentebestuursraad skriftelik in kennis stel,
waarna die redes vir sy bedanking op ‘n Bestuursrsraadvergadering bespreek word.
ii. Indien die Pastoor voortgaan met sy bedanking, moet hy die
Streekleier skriftelik van sy redes en besluit verwittig binne 48 uur nadat hy
met die Gemeentebestuursraad ontmoet om die bedanking te bespreek en die
kennistydperk te bepaal.
iii. Die Streekleier moet dan met die Pastoor en die
Gemeentebestuursraad ontmoet om die bedanking te bespreek en die kennistydperk
te bepaal.
iv. Die Streekleier moet die Gemeente tydens ‘n formele
Gemeentevergadering tydens ‘n formele Gemeentevergadering inlig.
v. Die Streekleier moet in oorleg met die Gemeente se
Bestuursraad reëlings tref vir die korttermyn bestuur van die Gemeente.
vi. Die Streekleier moet die Moderatuur in kennis stel vir
verdere handeling oor die toekoms van die betrokke Pastoor.
6.6
In die
geval waar Hulppastore en Pastore in Spesiale Bedieninge sy Bediening uit die
Gemeente wil bedank, moet hy:
i. Die Presiderende Pastoor van die Gemeente verwittig van sy
besluit en redes verskaf.
ii. Indien die Pastoor voortgaan met sy bedanking, moet hy die
prosedures soos in Aanhangsel A, Klousule 6(6.6.4(a)) uiteengesit, volg.
6.7
DIE
PASTOOR OP PROEF
6.7.1 Die Pastoor op Proef word
tot die Bediening gelegitimeer om as:
a. Pastoor op Proef in ‘n Presiderende hoedanigheid van ‘n
Gemeente op te tree in welke geval so ‘n Pastoor met sy Gemeente van ‘n ander
genootskap aansoek doen om in die Kerk opgeneem te word.
b. Hulppastoor
by ‘n Gemeente op te tree.
c. ‘n Pastoor op Proef in ‘n spesiale bediening soos deur die
Kerk erken, op te tree.
6.7.2 Die volgende is vereistes
vir ‘n Pastoor op Proef om in die Kerk georden te word:
a. ‘n Pastoor wat as Pastoor by Nuwe Begin bedieninge wil
aanslluit, moet deur die betrokke Streekleierskapsforum ondersoek word en na
die Bestuursraad aanbeveel word om as Pastoor op Proef aangestel te word.
b. Die aanbeveling met volledige besonderhede van die aansoek
sal deur die Bestuursraad oorweeg word vir finale goedkeuring en om te bepaal
waar en van watter datum die proef begin.
c. ‘n Pastoor op Proef moet in oorleg met die
Streekleierskapsforum duidelik aandui in watter Gemeente, hoedanigheid en
bediening hy gaan funksioneer en wat sy beplanning vir die jaar proeftydperk
is.
d. Pastore op Proef moet op hoogte wees en aktief betrokke
volgens die Visie, Missie, Doelwitte en Strategie van die Nasionale Kerk om vir
Ordening in aanmerking te kom.
e. Pastore op Proef se aktiwiteite in die Werk van die HERE sal
oor ‘n jaartydperk deur Hoofkantoor geëvalueer word na aanleiding van die
verslae van die Streekleierskapskforum om te bepaal watter vrug suksesvol
voortgebring was. Evaluering in terme van Begeleiding, Bestuur en Pastorale
versorging sal twee maal per jaar (elke ses maande) deur die
Streeksleierskapsforum gedoen word.
f. Alle Pastore op Proef moet deel word van ‘n Streek en so
dus deel van die betrokke Streekleierskapsforum waar vereis word dat hulle
aktief sal deelneem.
g. Pastore op Proef wat nie ‘n suksesvolle jaartydperk volgens
die evalueringskriteria voltooi nie, sal as ‘n Pastoor op Proef aanbly en sal
nie georden word alvorens sy evaluasie suksesvol is nie.
h. Pastore op Proef se proeftydperk moet na twee (2)
onsuksesvolle jare in heroorweging geneem word.
6.8 DIE HULPPASTOOR
6.8.1 Die Hulppastoor word tot
die Bediening gelegitimeer om as:
a. Hulppastoor in ‘n Gemeente op te tree.
6.8.2 Vereistes vir die beroep
van ‘n Hulppastoor
a. Waar reeds ‘n gevestigde Gemeente bestaan, kan ‘n
Hulppastoor vir so ‘n Gemeente in die volgende gevalle oorweeg word:
i) Waar reeds honderd-en-vyftig (150) belydende lidmate is.
Hierdie honderd-en-vyfitg (150) lidmate moet minstens een maal vir die
voorafgaande tydperk van ses maande in die Kerk gewees het om die verkiesing
van die getalle moet deur die Gemeentebestuursraadd bevesteig word.
ii) Waar ‘n lid van die Bestuursraad. Moderatuur, of ‘n
Streeksleier ‘n Gemeente hanteer, kan ‘n Hulppastoor vir die Gemeente aangevra
word.
iii) Waar die Bestuursraad oortuig is dat die siektetoestand,
werks- of bedieningsomstandigheide van ‘n Pastoor in ‘n Gemeente van so ‘n aard
is dat hy nie sy volle pastorale verpligtinge kan nakom nie, kan ‘n Hulppastoor
vir so ‘n Gemeente oorweeg word.
iv)
Waar ‘n
Gemeente ‘n behoefte het aan ‘n Hulppastoor vir redes wat nie in bogenoemde
drie kategorieë val nie, kan die Gemeentebestuursraad op aanbeveling en
motivering van die Gemeenteraad aansoek doen vir ‘n Hulppastoor met ‘n
spesifieke bediening.
6.8.3 Vereistes vir die beroep
van ‘n Hulppastoor
a. Alle aansoeke vir Hulppastore in Gemeentes moet deur die
Streeksleierskapsforum goedgekeur word en vir kennisname na die Bestuursraad
verwys word. Alle aansoeke moet duidelik gemotiveer wees wat die rede vir die
aansoek is. Die Streekleierskapsforum moet hulself vergewis dat daar genoegsame
regverdiging ooreeenkomstig die bogenoemde bepalings bestaan vir die beroep van
‘n Hulppastoor. Geen beroep kan
uitgebring word voordat die bogenoemde prosedure gevolg en die
Streekleierskapsforum die nodige toestemming verleen het nie. Elke aansoek sal
op meriete behandel word.
b. ‘n Hulppastoor sal na sy beroep vir een ljaar gebind word by
‘n Gemeente en slegs nadat die jaar verstryk het, is hy beskikbaar vir ‘n
beroep na ‘n ander Gemeente.
c. Indien omstandighede dit noodsaak kan die Bestuursraad ‘n
beroep op ‘n Hulppastoor maak, wie nog nie een jaar in ‘n Gemeente is nie, om
hom beskikbaar te stel vir ‘n beroep as Pastoor na ‘n ander Gemeente en indien
hy en die Plaaslike Gemeente toestem, kan die beletsel gelig word.
d. Wanneer ‘n Gemeente ‘’n Hulppasstoor beroep, moet die
Pastoor en die Gemeentebestuursraad van die betrokke Gemeente die
werksaktiwiteite van die Hulppastoor met hom uitklaar.
e. Indien ‘n Hulppastoor nalaat om sy werksaktiwiteite uit te
voer, sal die Pastoor en die Gemeentebestuursraad hom daarop wys en indien hy
nog steeds nie aan die vereistes voldoen nie, sal die saak verwys word na die
Streekleierskapsforum met die versoek dat sy beroep in die Gemeente gekanseleer
word. Die Streekleierskapsforum sal die saak hanteer en hulle besluit aan die
Bestuursraad oordra.
f. Indien ‘n Hulppastoor onmin, tweedrag of skeuring probeer
bewerkstellig, sal die Streekleierskapsforum sodanige Hulppastoor se
Ordeningstatus opskort en vir bekragtiging aan die Bestuursraad voorlê.
g. Indien ‘n Hulppastoor in die Gemeente probleme ondervind kan
hy sy besware teenoor die Gemeentebestuursraad lig en indien hy nie tevrede is
met hulle beslissings nie, kan hy hom beroep op die Streekleierskapsforum.
h. Waar ‘n Pastoor die amp van ‘n Streekleier of ‘n Uitvoerende
Amp beklee en saam met ‘n Hulppastoor ‘n Gemeente hanteer, sal die Hulppastoor
een jaar kennis gegee word om alternatiewe reëlings te tref, indien
eersgenoemde Pastoor later nie meer die betrokke amp beklee en die Gemeente nie
langer ‘n Hulppastoor regverdig nie.
6.9 DIE EMERITUSPASTOOR
6.9.1 Pastore wat aanvra of versoek word om uit uit die aktiewe/voltydse
bediening te tree, sal amptelik as uitdiensgetredenes beskou word en die status
Emirituspastoor word aan hom toegeken.
a. Die Emirituspastoor wat sy aktiewe bediening voltooi het,
beklee ‘n ereposisie in die Kerk.
b. Die Pastoor wat Emiritaat aanneem, sal die voorregte geniet
soos uiteengesit in Aanhangsel A; Klousule 6(6.9.4).
c. Emiritus-status word deur die Bestuursraad toegeken aan ‘n
Persoon op ‘n minimum ouderdom van sestig (60) jaar. Pastore sal toegelaat word
om in aktiewe diens te staan tot die ouderdom vyf-en-sestig (65) jaar. Daarna
moet toestemming by die Streekleierskapsforum aangevra word.
d. Pastore wat medies ongeskik bevind wordd, kan ook aansoek
doen vir Emeraat.
6.9.2 Alle aansoeke om Emeritus-status of verlenging van aktiewe diens
na bereiking van die ouderdomsgrens moet na die Streekleierskapsforum verwys
word vir aanbeveling na die Bestuursraad.
6.9.3 Maatreëls met betrekking
tot die Pastoor aan wie Emeritus-status toegeken is:
a. ‘n Emirituspastoor kan nie in die Gemeente waaruit hy
geëmiriteer het, op die Gemeentebestuursraad verkies word nie, behalwe met die
toestemming van die Streekleierskapsforum en die betrokke Pastoor.
6.10 BEDIENINGE IN DIE KERK
Die volgende bedieninge word in die Kerk erken
en moet deur die Gemeente aanbeveel word.
6.10.1 Die
vyfvoudige Toerustingsbedieninge (Efes4:1-14) naamlik:
a. Die
Apostoliese Bediening
b. Die
Profetiese Bediening
c. Die
Evangelistiese Bediening
d. Die
Herderlike Bediening
e. Die
Leraars Bediening
6.10.2 Die
Bedieningsgawes soos beskryf in Rom12:6-9 en 1Kor12:4-11
6.10.3 Enige ander Bediening wat die oupouïng en uitbouïng van die Kerk
bevoordeel (Efes4:16)
6.11 VROUE IN DIE BEDIENING
6.11.1 Die
orde van God word gehandhaaf
(1Kor11:3
Ef5:22)
6.11.2 Dat vroue nie die amp van Senior Pastoor van ‘n
gemeente of die van Moderator van die Kerk kan beklee nie.
6.11.3 Dat ‘n vrou georden word tot die amp van hulpprediker in ‘n gemeente
onder die gesag van ‘n Senior Pastoor.
6.11.4 Dat ‘n vrou georden word in enige bediening wat die opbouïng en
uitbouïng van die Kerk bevoordeel, soos deur die Gemeente aanbeveel en deur die
Kerk erken word.
6.11.5 Dat alle aangeleenthede verwysend na Pastoor in hierdie Konstitusie
ook van toepassing is op die vrou, met inagneming van Aanhangsel A; Klousule
6.12(6.12.1 – 6.12.3)
![]()
Nuwe Begin Bedieninge
AANHANGSEL B
DIE PLAASLIKE
GEMEENTE
KLOUSULE 1: DIE SAMESTELLING
VAN ‘n GEMEENTE
1.1
‘n
Plaaslike Gemeente van Nuwe Begin Bedieninge sal bestaan uit:
1.1.1 Die
Pastoor of Voorsittende Beampte (waar daar nie ‘n Pastoor is nie)
1.1.2 ‘n Groep mense (lidmate) wat hierdie Konstitusie met sy
Aanhangsels onderskryf.
1.1.3 ‘n Gemeentebestuursraad (Kerkraad) wat sal omsien na die
Gemeente se belange
1.1.4 Leierskap
in Bediening
KLOUSULE 2: DIE BEVESTIGING
VAN ‘n GEMEENTE
2.1 Alle bestaande Plaaslike Gemeentes in Nuwe Begin Bedieninge wat
alreeds erkenning geniet en wat voorheen bevestig is, sal steeds erkenning as
sodanig geniet en dit moet duidelik verstaan word dat hulle onderneem om hulle
aan hierdie Konstitusie te onderwerp.
2.2 Nuwe Plaaslike Gemeentes mag gestig word deur personde wat
lidmaatskap aanvaar het en wat begersig is om as ‘n Gemeente in Nuwe Begin
Bedieninge erken te word. Sodanige aansoek moet na die Streekleierskapsforum
verwys word vir aanbeveling na die Bestuursraad
2.3 Dit word verstaan dat nuwe Gemeentes by wyse van een van die
volgende metodes tot stand gebring word:
2.3.1 Die inskakeling van reeds bestaande Gemeentes (onafhanklik of uit
ander genootskappe) wat die Konstitusie aanvaar en hulle daaraan onderwerp
2.3.2 ‘n Groep gelowiges wat by wyse van ‘n Evangelistiese Uitreiking tot
stand gekom het
2.3.3 ‘n Groep gelowiges wat deur die planting van
‘n Selgroep vermeerder het
2.4 Die volgende prosedure moet gevolg word wanneer ‘n aansoek tot
stigting van ‘n Gemeente ingedien word:
2.4.1 ‘n Groep persone wat begerig is om hulself as ‘n Plaaslike
Gemeente te vestig, sal ‘n formele vergadering moet hou en amptelik hulle
begeerte om as sodanige Plaaslike Gemeente te word notuleer. Hierna sal hulle
die Streeklieier vvan die Streek waaronder hulle sorteer, skriftelik van die
besluit om Gemeetestatus te bekom, in kennis stel
2.4.2 By ontvangs van die versoek om Gemeentestatus te bekom, sal die
Streekleier met die groep mense wat die aansoek ingedien het, ontmoet vir
verdere verwysing na die Streekleierskapsforum, waar die aanoek bespreek en
aanbeveel sal word vir verwysing na die Bestuursraad. Die Bestuursraad sal die
stigting van die Gemeente finaal goedkeur en reëlings tref vir die stigting en
bevestiging van die Gemeente.
2.4.3 Nadat sodanige Gemeente Gemeentestatus ontvang en bevestig is,
moet die beroepsprosedure soos uiteengesit in Aanhangsel E; Klousule 4
gevolg word
KLOUSULE 3: DIE BESTUUR VAN
‘n PLAASLIKE GEMEENTE
3.1 Die Pastoor in
Gemeenteverband
3.1.1 Die Pastoor van ‘n Gemeente word beroep as leier van ‘n Gemeente
en saL gevolglik geregtig wees op die hoogste agting en konsiderasie deur die
lidmate van die Gemeente en sal optree as die geestelike leier van die Gemeente
in terme van:
a. Begeleiding
b. Bestuur
c. Pastorale
Versorging
3.1.2 Pastorale Begeleiding
a. Hy sal te alle tye ‘n voorbeeld voorhou
van:
i) Die waardigheid van ‘n Gemeenteleier
ii) Die beoefening van geloof
iii) Standvastige lojaliteit teenoor die Gemeente en die Leierskap
van die Gemeente
b. Hy sal die Gemeente Pastoraal begelei deur ‘n Godgegewe
Missie en Visie daar te stel en sal ook die Gemeente verder rig deur die
daarstelling van strategie en aksieplanne om die Nasionale Doelwitte op
grondvlak te vervul.
c. Hy tree as Voorsitter op van die volgende Rade:
i) Gemeenteraad
ii) Gemeentebestuursraad
iii) Leierskap
iv) Ander
waar van toepassing
d. Hy sal die Gemeente verteenwoordig by die
Streekleierskapsforum en die Nasionale Werkersforum.
e. Hy sal voortdurend seminare en relevante opleiding moet
bywoon, ten einde homself geestelik te verryk en op hoogte te bly van dit wat
God in die breë Kerk doen
3.1.3 Bestuur
a. Hy sal funksionele strukture daarstel waarvolgens die
Gemeente gelei en bestuur moet word.
b. Hy sal ‘n Gemeentebestuursraad daarstel waat
verantwoordelikheid sal aanvaar vir die Bestuur van die Gemeente.
c. Hy sal ‘n leierskap daarstel wat sol omsien na bedieninge
volgens hulle geestelike gawes en na gelang daar ‘n behoefte in die Gemeente
en/of Gemeenskap voorkom.
d. Hy sal in samewerking met die Gemeentebestuursraad ‘n
gesonde, werkbare administatiewe stelsel daaarstel wat voorsiening maak vir:
i) Gereelde
vergaderings
ii) Leierskapstoerusting
iii) Toepassing van die Finansiële Beleid soos omskryf in Aanhangsel
C van hierdie Konstitusie.
iv) Daaglikse administrasie van die Gemeente.
e. Hy sal voor die einde van elke jaar ‘n formele
jaarbeplanning vir die gemeente daarstel.
f. Hy is verantwoordelik vir die ordelike verloop van Gemeente
samekomste.
g. Hy sal maandeliks verslag doen in terme van Gemeentegroei en
statistieke soos verlang.
3.1.4 Pastorale Versorging
Hy is
verantwoordelik vir die Pastorale versorging van:
6.6.3
Die
Leierskap
6.6.4
Die
Lidmate – in terme van die volgende:
a. Die Bediening van die Woord van God en die Evangelie van
Jesus Christus.
b. Geestelike, liggaamlike en emosionele welstand
c. Toerusting tot geestelike volwassenheid [Aanhangsel G;
Klousule 1(1.2)]
d. Afvallige lidmate weer na Christus terug te bring.
3.2 Die Lidmate
3.2.1 Voorwaardes vir Lidmaatskap
Die Lidmate
van die Kerk bestaan uit:
a. wat die Geloofsbelydenis soos bepaal in Artikel 5(5.2)
van hierdie Konstitusie onderskryf en daarna strewe om dit te onderhou.
b. wat hulself skriftelik tot die Gemeente verbind het.
c. wat erkende Lidmate van die Plaaslike Gemeente is en nie aan
enige ander organisasie behoort, wat Kerklidmaatskap nadelig kan beïnvloed nie.
3.2.2 Die verantwoordelikhede van Lidmate
Dit is
persone wat:
a. Hulle daartoe verbind om die Groot Gebod en die Groot Opdrag
uit te voer.
b. Hulle van hul sonde bekeer het en wat reddende geloof in die
Here Jesus Christus beoefen
(Hand.20:21
Gal.3:26
2Kor.5:17
Rom.8:9)
c. ‘n Duidelike getuienis van wedergeboorte deur die Gees
voorhou en wat die HERE deur die doopwater gevolg het
(Matt.28:19
Hand.2:38
Hand.22:16)
d. Heiligmaking nastreef (Heb.12:14)
e. Hulself verbind tot geestelike groei en hulself daartoe
verbind om die proses van groei wat deur die Pastoor en Gemeentebestruusraad
daargestel is, te deurloop.
f. Bereid is om ander gelowiges te dien met hul geestelike
gawes en hulself in sodanige bediening te verbind.
g. Hulself verbind om getrou die onderlinge byeenkomste by te
woon.
h. Daarna streef om hulself daagliks te verryk met God se Woord
en deur gebed en ‘n gesinsverbandstrewe om die Huisgodsdiens te onderhou.
i. Daarna streef om in alle opsigte gesonde verhoudings te
handhaaf.
j. Verantwoordelik is om hulle kinders vir toewyding na die
HERE te bring.
k. Verantwoordelik is om God te eer deur hul Tiendes en
Offergawes na die Skatkis, by die Gemeente waar hulle lidmaatskap aanvaar het,
te bring.
l. Verantwoordelik is om enige ander voorskrif, soos deur die
Bybel bepaal, te onderhou en uit te leef.
3.2.3 Lidmaatskap Opheffing
Die
volgende bepaal opheffing van Lidmaatskap:
a. Wanneer ‘n persoon bedank by ‘n
Gemeente.
b. Wanneer ‘n persoon vir ‘n tydperk van meer as drie maande
moedswillig afwesig is by dienste van die Plaaslike Gemeente en toepaslik
vermaan is, sal so ‘n persoon se lidmaatskap opgehef word.
c. Wanneer ‘n persoon lidmaatskkap by ‘n anderr Kerkgenootskap
aanvaaar.
d. Wanneer ‘n persoon se lidmaatskap by wyse van Tugmaatreëls
opgehef word. (Aanhangsel F; Klousule 4)
e. Wanneer ‘n persoon lidmaatskap by ‘n Plaaslike Gemeente
aanvaar het, kan hy nie ook lidmaat wees by ‘n ander Gemeente nie. In so ‘n
geval sal die lid moet besluit by watter Gemeente hy betrokke wil wees.
Lidmaatskap moet by ‘n ander Gemeente opgehef word.
3.2.4 Bevoegdheid van Lidmate tot Stemreg
a. Ouderdomsbeperking
Daar word geen beperking op persone gelê wat
begerig is om Lidmate van ‘n Plaaslike Gemeente te word nie, op voorwaarde dat Aanhangsel
B; Klousule 3(3.2) nagekom word. Geen Lidmaat van die enige Plaaslike
Gemeente wat onder die ouderdom van sewentien (17) jaar is, sal toegelaat word
om te stem tydens Gemeentevergaderings nie, of in die beroep van ‘n Pastoor is
nie.
b. Verbeuring van Stemreg as gevolg van
afwesigheid
Geen Lidmaat wat nalaat om die openbare dienste
van die Plaaslike Gemeente waar sy lidmaatskap opgeteken is vir meer as drie
opeenvolgende maande by te woon, sal geregtig wees om te stem in enige saak
waaroor daardie Plaaslike Gemeente moet beslis, totdat hy hom bekeer van die
nalatigheid en weer gemeenskap van die Plaaslike Gemeente opneem.
3.2.5 Skikking van geskille onder Lidmate
Alle geskille tussen lidmate moet volgens Artikel
11(11.1-11.3) en Aanhangsel F van hierdie Konstitusie mee gehandel
word.
3.3 Gemeentebestuursraad
3.3.1 Doel en Samestelling van die
Gemeentebestuursraad
Die Gemeentebestuursraad tree op as Uitvoerende
Gesag van die Gemeente en bestaan uit ten minste sewe (7) lede en word as volg
saamgestel:
a. Die Pastoor (Voorsitter) of Waarnemende Leier (Voorsitter)
b. Die Sekretaris
c. Die Tesourier
d. Addisionele Lede
Die Presiderende Pastoor sal die Sekeretaris en
Tesourier aanstel ooreenkomstig hulle gawes waarna hulle die addisionele lede
saam sal aanstel.
3.3.2 Funksies van die Gemeentebestuursraad
Die
Gemeentebestuursraad is die Raad wat:
a. Die bewaarder van die Grondwet van die
Kerk op Gemeentevlak is.
b. Verantwoordelik is vir die dag tot dag bestuur van Gemeente
aangeleenthede.
c. Inkomste, uitgawes, bates en laste administreer en daarvoor
rekenskap gee ingevolge die bepalings van die Kerk se Finansiële Beleid soos
uiteengesit in Aanhangsel C.
d. Verantwoordelik is vir die opstel van
‘n Jaarlikse Begroting.
e. Verantwoordelik is vir die bekragtiging
van leiers in bedieninge.
f. Jaarliks die vordering van Studente
evalueer.
g. Verantwoordelik is vir alle
instandhouding van fasiliteite.
h. Bedankings hanteer in terme van:
i. Pastore
ii. Leierskap
iii. Lidmate
i. Hantering van beroepsvergaderings soos
omskryf in Aanhangsel E.
j. Die uitvoering van alle transaksies met betrekking tot sake
en/of finansiële aangeleenthede wat deur die Gemeenteraad verwys is.
k. Die bedinging van ‘n salarispakket by die aanstelling van’n
nuut beroepte Pastoor of leiers in spesiale bedieninge.
l. Die jaarlikse hersiening van salarisse en loonstrukture.
m. Alle sake hanteer wat deur Hoofkantoor of die Streek na die
Gemeente verwys word.
n. Die toepassing van Tugmaatreëls soos omskryf in Aanhangsel
F.
o. Die opstel en opdatering van’n Lidmate Register.
3.4 Gemeente Leierskap
3.4.1 Doel en Samestelling
a. Die Gemeente Leierskap het ten doel om die geestelike
belange van die Gemeente te bevorder in terme van persoonlike geestelike gawes
en bestaan uit verskillende bedieninge na aanleiding van die behoefte binne
elke Gemeente, waarvan die Presiderende Pastoor die Voorsitter is.
b. Elke bediening sal sy eie Raad saamstel en sal funksioneer
volgens die bevoegdheid wat deur die Leierskap aan hulle verleen word.
c. Indien ‘n bediening sy eie finansies wil administreer, moet
hulle toestemming by die Gemeentebestuursraad kry.
3.5 Gemeenteraad
3.5.1 Doel en Samestelling
a. Die Gemeenteraad dien as hoogste gesag van die Gemeente en
moet deur Gemeentebestuursraad aangeroep word vir sake wat buite die jurisdiksie
van die Gemeentebestuursraad sorteer soos omskryf aan Aanhangsel B; Klousule
4.
3.6 Vergaderings
KLOUSULE 4: DIE
REGSBEVOEGDHEID VAN ‘n PLAASLIKE GEMEENTE
4.1 Elke bevestigde Gemeente is ‘n Regspersoon met ewigdurende
regsopvolging, en is ‘n onafhanklike Regspersoon onderskei van die Kerk en/of
sy Lidmate en sal, onderhewig aan die voorskrifte van hierdie Konstitusie soos
vervat in Artikel 9(9.1) wees om:
4.1.1 Vaste eiendom, bates en fondse te besit, te vervreem, te beswaar
of te verhuur, onderskei van die Kerk en/of sy lidmate soos verwys na Aanhangsel
D; Klousule 3(3.1) van hierdie Konstitusie.
4.1.2 Geregtig wees om regte, verpligtinge, voorregte, magte en
verantwoordelikhede op te neem, onderskei van die Kerk en/of sy lidmate.
4.1.3 Geregtig wees om regte, verpliginge, voorregte, magte en
verantwoordelikheide op te neem, onderskei van die Kerk en/of sy lidmate.
4.1.4 Geregtig wees om regshandeling van watter aard ookal, in sy eie
naam (Naam van die Gemeente) te verrig.
4.1.5 Geregtig wees om persone in diens te neem, welke indiensneming
insluit die aanstel van ‘n Pastoor of enige ander Bedienaar soos bedoel in
hierdie Konstitusie.
KLOUSULE 5: INLYWING EN
SAMESMELTING VAN PLAASLIKE GEMEENTES
5.1 Wanneer twee of meer Gemeentes besluit om die een by die ander
in te lyf of saam te smelt moet die prsedure soos uiteengesit in Aanhangsel
D; Klousule 2(2.5) nagevolg word.
KLOUSULE 6: ONTBINDING VAN PLAASLIKE
GEMEENTES
6.1 Indien enige Plaaslike Gemeente van Nuwe Begin Bedieninge sy
openbare dienste geheel en al staak, sal so ‘n Plaaslike Gemeente as ontbind
geag word en die datum van die ontbinding daarvan sal deur die Streekleier
bepaal word en deur die Streekleierskapsforum bekragtig word.
6.2 Alle fondese en eiendom, vaste sowel as roerende, en alle bates
en laste wat aan die ontbinde Plaaslike Gemeente behoort, sal ten tye van die
ontbinding daarvan terugval om die eiendom en verantwoordelikheid van die
Streekleierskapsforum waartoe die ontbinde Plaaslike Gemeente behoort het, te
word.
6.3 Indien geen Streekleierskapsforum bestaan of in werking is in
die gebied waar sodanige Plaaslike Gemeente ten tye van ontbinding daarvan
gevestig is nie, sal alle fondse en eiendom, vaste sowel as roerende, en alle
bates en laste van sodanige ontbinde Plaaslike Gemeente, terugval om die
eiendom en verantwoordelikheid van die Bestuursraad te word.
6.4 In alle gevalle mag sodanige vaste eiendom wat in die
Bestuursraad van Nuwe Begin Bedieninge gevestig is, deur die Bestuursraad van
die hand gesit word en die opbrengs daarvan sal behou word om aan die werk van
die Here soos dit gerade geag word, toegewys te word.
6.5 In die geval dat die afskeiding die
lidmate die ontbinding van ‘n Plaaslike Gemeente tot gevolg het, sal al die eiendom,
vaste sowel as roerende, en alle bates en laste terugval na die bepaalde Raad,
soos vervat in Aanhangsel B; Klousule 6(6.2 en 6.3).
6.6 Alle registers, notuleboeke, kasboeke, dokumente en
korrespondensie wat aan die ontbinde of afgeskeide Plaaslike Gemeente behoort
sal die eiendom van die Streekleierskapsforum of die Bestuursraad word.
![]()
Nuwe Begin Bedieninge
AANHANGSEL C
FINANSIëLE
BELEID
KLOUSULE 1: BRON VAN
INKOMSTE
1.1
Die Kerk
sal sy inkomste hoorsaaklik verkry uit die Tiende Bydraes, alook Offergawes
vansy lidmate soos omskryf in die Geloofsbelydenis, uiteengesit in Artikel
5(5.2.13)
KLOUSULE 2: HOOFKANTOOR
BEFONDSING EN FINANSIëLE ADMINISTRASIE
2.1 Die inkomste van Hoofkantoor
sal bestaan uit:
a. Tien persent (10%) van Plaaslike
Gemeentes se Tiendes en Offergawes.
b. Donasies, Skenkings en Geloofsoffers.
2.2 Die Hoofterssourier sal jaarliks ‘n Begroting van verwagte
Inkomste en Uitgawes saamstel vir voorlegging aan die Bestuursraad en vir
goedkeuring by die Nasionale Leierskapsforum
2.3 Die fondse van
Hoofkantoor – Sentrale Kas sal aangewend word vir:
2.3.1 Die administratiewe kostes van Hoofkantoor.
2.3.2 Vergoeding en uitgawes van ampsdraers.
2.3.3 Uitgawes deur die Bestuursraad goedgekeur in belang van die Kerk.
2.3.4 Vaste en roerende eiendom aan te koop of te huur.
2.3.5 Beleggings te maak
2.3.6 Tien
persent (10%) van die Sentrale Kas se inkomste word oorbetaal na die
Bedieningsfonds.
2.4 ‘n Staat van Hoofkantoor se jaarlikse Inkomste en Uitgawes wat
intern geouditeer is, moet aan die Bestuursraad en Nasionale Leierskap voorgelê
word en deur die Nasionale Werkersforum goedgekeur word.
KLOUSULE 3: STREEKLEIERSKAPSFORUM – BEFONDSING EN
FINANSIëLE ADMINISTRASIE
3.1 Elke Streekleierskapsforum moet ‘n Streeksfonds daarstel. Elke
Plaaslike Gemeente moet ‘n verbintenis aangaan om ‘n vaste bedrag, soos deur
die Streekleierskapsforum nepaal, na die fonds oor te betaal
3.2 Elke Streekleierskapsforum sal ‘n Kasboek aanhou waarin verslag
oor alle gelde ontvang en uitgegee, aangeteken sal word, Hierdie geld sal in
alle gevalle deur ‘n bankrekening vloei. Ondertekenaars moet deur die
Streekleierskapsforum benoem word en die Voorsitter sal te alle tye een van die
ondertekenaars wees. Al die gereelde bankrekonsiliasiestate moet ter tafel gelê
en geliasseer word. Dieselfde Finansiële Reëls soos vir die Gemeente vervant in
Aanhangsel C; Klousule 5 moet te alle tye nagekom word.
3.3 Die Streeksfonds sal aangewend word in belang van die Kerk en vir
doelwitte in die betrokke Streek soos deur die Streekleierskapsforum bepaal.
3.4 ‘n Staat van die betrokke Streekleierskapsforum se jaarlikse
inkomste en uitgawes wat intern geouditeer is, moet aan die Bestuursraad
voorgelê word en deur die Nasionale Leierskapsforum goedgekeur word.
3.5 Die Streekleierskapsforum sal nie gemagtig wees om geld uit te
leen aan privaat individue nie.
3.6 Die Streekleierskapsforum sal verrantwoordelik wees tydens
hulle vergaderinge om toe te sien dat die Kerk se Finansiële Beleid op
Gemeentevlak nagekom word.
KLOUSULE 4: PLAASLIKE
GEMEENTES – BEFONDSING
4.1 Finanisies
4.1.1 Inkomste
As deel van die Kerk se Geloofsbelydenis, moet
elke Lidmaat minstens ‘n Tiende van hulle inkomste, sowel as hulle Offergawes
na die Huis van die HERE bring.
4.1.2 Finansiële Boekhoustelsels
Elke Plaaslike Gemeente het die
verantwoordelikheid om seker te maak dat volledige rekord gehou word van alle
inkomste en uitgawes in die Gemeente en dat gereelde verslag oor die finansies
gedoen word.
4.1.3 Gemeenterade is verantwoordelik vir besluite rakende die aankope
van vaste en roerende bates, asook die aangaan van lenings.
4.1.4 Plaaslike Gemeentes sal tien persent (10%) van hulle Tiendes en
Offergawes maandeliks aan Hoofkantoor oorbetaal.
4.1.5 Plaaslike Gemeentes sal ‘n bedrag, soos deur die
Streekleierskapsforum bepaal, maandeliks aan die Streeksfonds oorbetaal.
4.1.6 ‘n Staat van inkomste en uitgawes sal jaarliks opgestel word vir
ouditeringsdoeleindes.
KLOUSULE 5: FINANSIëLE
REëLS
Die volgende Finansiële Reëls moet deur ‘n Gemeente nagekom word:
5.1 Finansiële Rekeninge
Alle Finansiële Rekeninge van die Plaaslike
Gemeente wat by enige finansiële instansie bedryf word, moet in die naam van
die Gemeente geopen word.
5.2 Reël van toepassing op
Finansiële Boekhoustelsel (Plaaslike Gemeente)
5.2.1 Dit is ‘n vereiste dat die Tesourier die nodige bekwaamheid moet
hê vir sodanige amp. Die Tesourier moet sitting hê op die
Gemeentebestuursraadvergaderings waar sake rakende finansies bespreek word en
finansiêle verslae voorgelê word. Dit is noodsaaklik dat Gemeente
Besturusraadsvergaderings, waar ’n finansiële verslag gelewer word, gereeld
gehou word. Finansiële boeke moet as korrek gesertifiseer word en die betrokke
Gemeentebestuursraad dra hierdie verantwoordelikheid
5.2.2 Die volgende word benodig om te voldoen aan die voorgestelde
boekhoustelsel in ‘n Plaaslike Gemeente
a. ‘n
Duplikaat Ontvangsteboek
b. ‘n
Depositoboek
c. Tiendekoeverte
/ Kwitansieboek
d. ‘n
Kleinkasboek
e. ‘n Ontledingskasboek vir Gemeentekas (Gewonde kasboeke kan
vir Kinderkerk, Jeug en Vroue-Akssie gebruik word).
5.2.3 Die Duplikaat Ontvangsteboek (Plaaslike
Gemeente)
a. ‘n Duplikaat Ontvangsteboek moet in die Kerk gehou word.
Alle gelde waarvoor die Tesourier verantwoordelik is, moet in duplikaat in die
Duplikaat Ontvangsteboek aangeteken word. Tiendes moet aangeteken word, asook
offergawes, beloftes, donasies, ens.
b. Indien ander gelde waarvoor bogenoemde Tesourier nie
verantwoordelik is nie, ook in die Kas geplaas word, bv. Kinderkerk, Jeug,
Vroue-Aksie, ens kan dit ook in die Duplikaat Ontvangsteboek aangeteken word en
daarna aan die betrokke Tesourier oorhandig word.
c. Alle gelde moet deur drie persone, verkieslik die Tesourier
en twee addisionele lede, getel word wat ook die nodige inskrywings in die
Duplikaat Ontvangsteboek maak en met ‘n handtekening die bedrae as korrek
sertifiseer.
d. Die oorspronklike bladsy in die Duplikaat Ontvangsteboek
moet saam met die gelde aan die betrokke Tesourier oorhandig word wat die
nodige inskrywings in die Kasboek maak, Die Duplikaat Ontvangsteboekbladsye
moet deur die Tesourier geliaseer word.
e. Indien die Tesourier met die bedrae wat aan hom oorhandig
is, sou verskil, moet die saak onmiddelik opgevolg en reggestel word.
5.2.4 Die Onledingskasboek
a. Alle gelde soos ontvang, moet aangeteken word. Die
besonderhede moet ooreenkom met die Duplikaat Ontvangsteboek.
b. Alle gelde moet gereeld gebank word. Dit is onwenslik om van
die kontantgeld wat ontvang is te gebruik sonder om dit eers te bank. Indien
geld benodig word, moet dit met ‘n behoorlike magtiging onttrek word.
c. Die Gemeentebestuursraad moet bepaal of die Kinderkerk, Jeug
en Vroue-Aksie se finansies ook in die Gemeentekas se Ontledingskasboek
aangetoon moet word. Waar ‘n eie Tesourier vir elke afsonderlike fonds
(Kinderkerk, Jeug en Vroue-Aksie) aangewys word, moet daar vir elke fonds ‘n
Kasboek wees. Hierdie boeke moet gereeld deur die Gemeentebestuursraad nagegaan
en geteken word.
d. Alle deponerings moet in die Kasboek aangeteken word met die
datum waarop dit oorspronklik gedeponeer is.
e. Foutiewe inskrywings moet deurgehaal en met ‘n nuwe
inskrywing vervang word. Onder geen omstandighede mag syfers uitgevee of
oorgeskryf word nie. Korrigeervloeistof mag nie gebruik word nie. Elke
verandering moet geparafeer word.
f. Inskrywings waarvoor daar nie ‘n definitiewe kolom is nie,
kan onder die een hoof “DIVERSE” geplaas word. Die inskrywing self mag nie as
diverse aangeteken word nie, maar moet presies aandui waaroor dit gaan.
g. Alle uitbetalings moet deur middel van gemagtigde besluite
gedoen word. Waar besluite ten opsige van uitgawes gedoen word sonder ‘n
formele vergadering (bv. telefonies) moet die uitgawe op die eerste formele vergadering
daarna bekragtig word.
h. Die Kasboekinskrywings moet gereeld op datum gehou word. Dit
is onwenslik om die inskrywings te laat ophoop voordat dit gedoen word. Die
Kasboek moet maandeliks afgesluit en met die bankstaat gerekonsilieër word.
Hierdie rekonsiliasie moet in die Kasboek aangeteken word.
5.2.5 Die Bankdepositoboek
a. Dit is noodsaaklik dat alle gelde wat ontvang word, weekliks
gedeponeer word. Die ophoop van gelde voor dit gebank word, word streng
afgekeur. Afskrifte van bankdepositostrokies moet in die depositoboek bly, of
indien los, moet dit geliaseer word.
5.2.6 Tiendekoeverte/Kwitansieboek
a. Dit is verkieslik dat Gemeentes Tiendekoeverte beskikbaar
moet hê vir Gemeentelede om hule Tiendes in te plaas.
b. Waar Gemeentes van kwitansies gebruik maak om Tiendebydraes
te erken, moet die Tesourier self ‘n stelsel handhaaf om die kwitansies aan die
regte persone te besorg.
5.2.7 Kleinkasboek
a. Waar dit van tyd tot tyd nodig is om klein bedrae uit die
Sentralekas te onttrek, kan ‘n Kleinkas Kasboek vir die doel gehou word. Die
Gemeente kan goedkeuring verleen dat ‘n bedrag maandeliks in die Kleinkas
Kasboek inbetaal word, nadat ‘n opgawe gemaak is waarvoor die geld benodig sal
word. ‘n Spesifieke persoon moet verantwoordelik gemaak word vir die Kleinkas
Kasboek en hierdie persoon is verantwoordelik om die Kleinkas Kasboek op datum
te hou en rekenskap te gee van alle uitbetalings deur middel van strokies. Die
Kleinkas Kasboek moet by elke Gemeentebestuursraadsvergadering voorgelê en
verslag gedoen word van, vir die maand en deur lede van die
Gemeentebestuursraad geteken word – Inkomste en Uitgawes.
5.3 Algemeen
5.3.1 Alle boeke moet veilig bewaar word. Tesouriere aanvaar volle
aanspreeklikheid om verslag te doen van finansies wat aan hulle oorhandig is.
5.3.2 Geen boeke mag van een persoon na ‘n volgende oorhandig word,
andersins as volledig afgesluit en per getekende staat nie.
5.3.3 Boeke moet jaarliks afgesluit en op ‘n sentrale plek, verkieslik
in ‘n kluis veilig bewaar word vir ‘n tydperk van drie (3) jaar.
5.3.4 Dit is verkieslik dat die Pastoor en/of sy vrou nie betrokke sal
wees met die hou van die Gemeente se finansiële boeke nie. Dit is ook onwenslik
dat die Pastoor en sy vrou gesamentlik op bankrekeninge tekenregte sal hê.
5.3.5 Die
Finansiële Jaar begin 1 Maart en eindig op 28 Februarie.
5.4 Tiendes en Leierskap
5.4.1 Die gee van Tiendes is ‘n voorverreiste vir enige persoon wat dien
op die Gemeentebestuursraad, asook vir die Leierskap van Gespesialiseerde
Bedieninge.
5.4.2 Die
gee van Tiendes is verpligtend vir alle Pastore.
5.4.3 Gemeentelede wal hulle Tiendes gee by die Gemeente waar hulle
aanbid en in diens is.
KLOUSULE 6: OUDITERING VAN
FINANSIëLE BOEKE
6.1 Alle finansiële boeke van
Nuwe Begin Bedieninge sal interm ge-ouditeer word.
6.2 Hoofkantoor
6.2.1 Die Hooftessourier sal ‘n Ouditeringskomitee onder sy
Voorsitterskap daarstel (3-5 lede) om Hoofkantoor se finansiële boeke te
ouditeer. Die Bestuursraad sal die Komitee bekragtig en bepaal wanneer
ouditering gedoen moet word.
6.3 Streke
6.3.1 Die Streekleierskapsforum sal ‘n kundige persoon daaarstel, wie as
Voorsitter van die Ouditersingskomitee sal optree. Die Voorsitter moet ‘n
Ouditeringskomitee (3-5 lede) daarstel om die Streekleierskapsforum en
Plaasllike Gemeentes se boeke te oudit. Die Komitee sal deur die
Streekleierskapsforum bekragtig word en die werksaamhede van die Komitee
bepaal.
6.4 Riglyne wanneer
ouditering gedoen word
6.4.1 Vir doeleiendes moeet die volgende dokumente
beskikbaar gestel word:
a. Die Kasboek
b. Bankstate
c. Dokumente
Bewys
van betalings in maand volgorde
d. Notules van besluite
e. Register van bates
f. Versekeringspolisse van bates
g. Kwitansieboeke
h. Bank deposito-boeke
i. Beleggings- en Spaarboekies
j. Verlofregister van Pastore en
werknemers
k. Enige ander dokunemte wat betrokke mag
wees
l. Bewyse van uitstaande verbande
m. Bewyse van uitstaande
Huurkope/Krediteure
6.5 Prosedure wanneer
ouditering gedoen word
6.5.1 Vergelyk kwitansies met kasboek.
6.5.2 Gaan gekanselleerde kwitansies na.
6.5.3 Vergelyk bankdeposito’s in Kasboek met bankstaat en let op hoe
dikwels gebank is.
6.5.4 Uitbetalings moet deur
besluite gestaaf word.
6.5.5 Maak seker dat inventaris op datum is.
6.5.6 Gaan bate versekeringspolisse na.
6.5.7 Maak seker dat notuleboekbladsze geparafeer
is, dat notules aanvaar is.
6.5.8 Gaan bankrekonisiliasie na, vergelyk
Kasboekbalans met bankstaat.
6.6 Verslag van oudit
6.6.1 Hoofkantoor
a. Die Voorsitter van die Ouditkomitee moet volgens Aanhangsel
C; Klousule 6(6.5) hierbo ‘n volledige verslag van alle finansiële boeke
opstel. Enige bykomende inligting wat die Komitee voel nodig is, moet bygevoeg
word. Die verslag moet aan die Bestuursraad voorgelê word vir aanvaarding.
6.6.2 Plaaslike Gemeente
a. Die prosedure soos in Aanhangsel C; Klousule 6(6.4) moet
gevolg word. Die verslag moet aan die Presiderende Pastoor en Streekleier
oorhandig word vir aanvaarding.
6.6.3 Streekleierskapsforum
a. Die prosedure soos in Aanhangsel C; Klousule 6(6.4) hierbo
moet gevolg word. Die verslag moet aan die Streekleierskapsforum oorhandig
word vir aanvaarding.
KLOUSULE 7: RIGLYNE MET
BETREKKING TOT VERGOEDINGSTRUKTURE
7.1 MODERATOR (NASIONALE
VOORSITTER)
Voorregte / Voordele
a.
Vergoeding
b.
Motor
c.
Telefoon
d.
Reis- en
Verblyfkoste
7.2 VISE-MODERATOR (NASIONALE
VISE-VOORSITTER)
a. Vergoeding
b. Telefoon (gedeeltelik)
c. Reis- en Verblyfkoste
7.3 HOOFSEKRETARIS
a. Vergoeding
b. Telefoon (gedeeltelik)
c. Reis- en Verblyfkoste
7.4 HOOFTESOURIER
a. Vergoeding
b. Telefoon (gedeeltelik)
c. Reis- en Verblyfkoste
7.5 STREEKLEIER
a. Vergoeding
b. Telefoon (gedeeltelik)
c. Reis- en Verblyfkoste
7.6 PASTOOR
Vergoedingspakket soos
met hom onderhandel.
![]()
Nuwe Begin Bedieninge
AANHANGSEL D
ROERENDE EN
NIE-ROERENDE BATES
KLOUSULE 1: DIE
BESTUURSRAAD
1.1 Die Bestuursraad as
Regspersoon
Die Bestuursraad is ‘n Regspersoon met
ewigdurende regsopvolging en die Moderatuur, ingevolge hierdie Konstitusie,
tree op as sy verteenwoordiger.
1.2 Regsbevoegdhede van die
Bestuursraad
Verwys na Aanhangsel A; Klousule 2(2.3)
vir die omskrywing van die Regsbevoegdheid van die Bestuursraad.
1.3 Registrasie van Eiendom
Alle vaste eiendom wat deur die Bestuursraad
verkry word, sal in die naam van “Nuwe Begin Bedieninge – Bestuursraad”
geregistreer word.
1.4 Eiendomsversekering
Die Bestuursraad sal verplig wees om alle vaste
en roerende eiendom ten volle by ‘n erkende versekeringsmaatskappy, teen
verlies of skade, deur diefstal, vuur, storms en derglike te verseker.
1.5 Inventaris
Die Bestuursraad moet ‘n volledige inventaris
van alle roerende bates opstel en op datum hou.
KLOUSULE 2: DIE
STREEKLEIERSKAPSFORUM
2.1 Die Streekleierskapsforum
as Regspersoon
Die Streekleierskapsforum is ‘n Regspersoon met
ewigdurende en regsopvolging en is ‘n onafhanklike regspersoon onderskei vandie
Kerk en/of sy lidmate.
2.2 Verwys na Aanhangsel A; Klousule 5(5.6)
vir die omskrywing van die Regsbevoegdheid van die Streekleierskapsforum.
2.3 Registrasie van Eiendom
Alle vaste eiendom wat deur die Streekleierskapsforum
verkry word, sal in die naam van “Nuwe Begin Bedieninge – Naam van Streek”
geregistreer word.
2.4 Ontbinding van Gemeentes
Waar ‘n Gemeente ophou bestaan en/of waar
Gemeente-eiendom verkoop word, word die finansies gebruik om alle uitstaande
skulde af te los. Van die wins wat opgelewer word, word 10% (Mal.3:10) aan
Hoofkantoor se Sentrale Kas oorbetaal en die balans in die rekening van die
Streekleierskapsforum, om daarmee te handel soos deur hulle besluit word.
Kennisname van besluite wat geneem word, moet aan die Bestuursraad deurgegee
word.
2.5 Inlywing en samesmelting
van Gemeentes
Waar twee of meer Gemeentes besluit om die een
by die ander in te lyf of saam te smelt, sal alle vaste en roerende bates oorgedra
word na die Gemeente waarby ingelyf word. Alle prosedures van sodanige inlywing
of samesmelting sal genotuleer word op ‘n gemeenskaplike Gemeentevergadering.
2.6 Eiendomsversekering
Die Streekleierskapsforum sal verplig wees om
alle vaste en roerende eiendom ten volle by ‘n erkende versekeringsmaatskappy,
teen verlies of skade, deur diefstal, vuur, storms en derglike te verseker.
2.8
Inventaris
Die Streekleierskapsforum moet ‘n volledige
inventaris van alle roerende bates opstel en op datum hou.
KLOUSULE 3: DIE PLAASLIKE
GEMEENTE
3.1 Die Gemeente as
Regspersoon
Die Gemeente is ‘n Regspersoon met ewigdurende
en regsopvolging en is ‘n onafhanklike regspersoon onderskei vandie Kerk en/of
sy lidmate
3.2 Regsbevoegdhede van die
Gemeente
Verwys na Aanhangsel B; Klousule 4 vir
die omskrywing van die Regsbevoegdheid van die Gemeente.
3.3 Registrasie van Eiendom
3.3.1 Alle vaste eiendom wat deur die Gemeente verkry word, sal in die
naam van “Nuwe Begin Bedieninge – (voeg naam van Gemeente in) Gemeente”
geregistreer word.
3.3.2 Indien ‘n Gemeente se bates in die Naam van Hoofkantoor
geregistreer is, moet so ‘n Gemeente toestemming verkry by die
Streekleierskapsforum vir enige transaksie met betrekking tot bates en
bekragtig word deur die Bestuursraad van die Kerk.
3.4 Eiendomsversekering
Die Gemeente sal verplig wees om alle vaste en
roerende eiendom ten volle by ‘n erkende versekeringsmaatskappy, teen verlies
of skade, deur diefstal, vuur, storms en derglike te verseker.
3.5 Inventaris
Die Gemeente moet ‘n volledige inventaris van
alle roerende bates opstel en op datum hou.
![]()
Nuwe Begin Bedieninge
AANHANGSEL E
VEGADERINGS
EN PROSEDURE BY VERGADERINGS
Prosedures by alle vergaderings van die Kerk sal geskied ingevolge die
bepalings uiteengesit in die Handleiding.
KLOUSULE 1: PROSEDURE BY
VERGADERINGS
1.1
Orde
Alle vergadeings van enige Komitee, Bestuur of
Raad van die Kerk word op ‘n ordelike en juiste wyse gehou, met inagneming van
die bepalings in hierdie Reglement van Orde of elders in die Konstitusie
vervat.
1.2
Kennis van
Vergaderings
Tensy in hierdie Reglement van Orde of in die
Konstitusie anders bepaal, moet skriftelik van alle vergaderings van enige
Komitee, Bestuur of Raad (behalwe verdaagde vergaderings) ten minste drie cdae
voor die vergadering kennis gegee word.
1.3
Spesiale
Vergaderings
In ‘n kennisgewing van ‘n spesiale vergadering
van enige Komitee, Bestuur of Raad, moet die doel van sodanige vergadering
duidelik vermeld word. Die bespreking en besluite op sodanige vergadering sal
beperk wees tot die aangeleentheid in die kennisgewing vermeld.
1.4
Dringende
Spesiale Vergaderings
In uitsonderlike gevalle kan ‘n dringende
spesiale vergadering byeengeroep word en die feit dat enige lid van so ‘n
Komitee, Bestuur of Raad nie van so ‘n vergadering kennis gekry het nie, maak
so ‘n vergadering nie ongeldig nie. Die lede teenwoordig moet instemming betuig
met die hou van so ‘n dringende vergadering en die rede moet genotuleer word.
1.5
Kworum
1.5.1 Behalwe waar anders bepaal, is by alle vergaderings, meer as
die die helfte van die lede van die bestaande Komitee, Bestuur of Raad ‘n
kworum.
1.5.2 Sodra die teenwoordigheidsyfer van die vergadering nie meer
‘n kworum uitmaak nie, moet die Voorsitter die vergadering verdaag.
1.6
Besprekingspunte
1.6.1 ‘n Lid van ‘n Komitee, Bestuur of Raad wat ‘n punt vir
bespreking op ‘n vergadering wil voorlê, moet minste 7 dae voor die vergadering
skriftelik aan die Sekretaris van sodanige punt kennis gee.
1.6.2 Verdere punte vir bespreking mag alleen met toestemming van
die vergadering in behandeling geneem word.
1.7
Die
Sakelys
1.7.1 ‘n Sakelys, bevattende die punte wat vir bespreking ontvang
is, moet deur die Sekretaris, in oorleg met die Voorsitter opgestel word.
1.7.2 Besprekingspunte waarvan behoorlik kennis gegee is, moet op
die Sakelys geplaas word. Alle sake sal deur middel van behoorlik voorgestelde
en gesekondeerde Mosies wat deur die Sekretaris genotuleer word, ter oorweging
en bespreking gebring word.
1.8
Lengte van
Spreekbeurte
1.8.1 Die vergadering is geregtig om die lengte van spreekbeurte te
bepaal of om dit aan die Voorsitter oor te laat om die nodige in die verband te
reël.
1.9
Amendemente
1.9.1 ‘n Amendement wysig die oorspronklike Mosie deur by te voeg
of weg te laat, sonder om dit te vernietig
1.9.2 ‘n Lid wat reeds vir of teen die oorspronklike Mosie gepraat
het, mag nie ‘n amendement voorstel nie.
1.9.3 Elke amendement moet behoorlik voorgestel, gesekondeer en
deur die Sekretaris genotuleer word. Stemming oor genoemde amendement moet in
omgekeerde volgorde van die waarig hulle voorgestel is, geskied. Vir die
oorspronklike voorstel word gestem, nadat daar oor alle amendemente gestem is.
1.9.4 Nadat ‘n amendement voorgestel is, het elke lid die reg om
daarvoor of daarteen te praat.
1.9.5 Geen lid het die reg om meer as een keer oor ‘n Mosie of
amendement te praat nie, behalwe met die toestemming van die vergadering.
1.9.6 Daar
kan ook ‘n amendement op ‘n amendement voorgestel word.
1.9.7 Slegs
een amendement mag op ‘n keer bespreek word.
1.9.8 As ‘n amendement verwerp word, bly die oorspronklike Mosie
staan en as ‘n amendement aangeneem word, word die geamendeerde Mosie die
substantiewe Mosie.
1.10
Lewer van
Repliek
1.10.1 Die
voorsteller van ‘n amendement het nie ‘n reg tot repliek nie.
1.10.2 Slegs die voorsteller van die oorspronklike Mosie het die reg tot
repliek op die amendement, voordat dit tot stemming gebring word.
1.10.3 Die voorstelling van ‘n oorspronklike Mosie het reg tot repliek
voordat sy Mosie of enige amendement op sy Mosie, tot stemming gebring word.
1.10.4 ‘n Repliek dien slegs om te antwoord op argumente van ander sprekers
en nuwe argumente mag nie aangevoer word nie.
1.10.5 Indien
niemand teen die Mosie gepraat het nie, verval die reg tot repliek.
1.11
Vergadering
in Komitee
1.11.1 Die vergadering kan besluit om in Komitee te gaan, dit wil sê,
om tydelik die gewone prosedure op te hef, indien die verrrigtinge daardeur
bespoedig sal word.
1.12
Persoonlike
uitleg
1.12.1 ‘n Lid kan ‘n spreker in die rede val en die Voorsitter vra dat ‘n
geleentheid aan hom gegun word om ‘n persoonlike uitleg te gee, indien sy
woorde verdraai of verkeerd aangehaal word, of indien beskuldigings teen hom
gemaak word, waarop hy wil antwoord.
1.13
Punte van
Orde
1.13.1 Wanneer ‘n lid op ‘n punt van orde ‘n debat onderbreek, doen hyndit
by wyse van ‘n vraag aan die Voorsitter en geen bespreking word toegelaat nie.
1.13.2 Die
volgende punte van orde kan, onder andere, genoem word:
a. Dat
onwelvoeglike of onbehoorlike taal gebruik is;
b. Dat die
tyd oorskry word;
c. Dat die Mosie en/of amendement ultra vires of in
botsing met die Kerkwette is;
d. Dat die vergadering nie meer ‘n kworum is nie;
e. Om die Voorsitter se aandag te vestig op enige ander feit
wat die orde van die vergadering mag raak.
1.13.3 Die Voorsitter bepaal wat die ordepunt is en of dit toelaatbaar is.
Behoudens die bepaling van Aanhaling E; Klousule 1(1.13.1) sal die
reëling van ‘n Voorsitter oor ‘n punt van orde finaal wees.
1.14
Die
Voorsitter
1.14.1 Behalwe waar in die Kerkwette andders bepaal word, sal
die Voorsitter van elke Komitee, Bestuur of Raad voorsit op alle vergaderings
en in sy afwesigheid tree die Vise-Voorsitter op.
1.14.2 In die afwesigheid van die Voorsitter of Vise-Voorsitter
van ‘n vergadering waarvan behoorlik kennis gegee is, het die aanwesige lede van
die vergadering na verstryking van vyftien minute vanaf die tyd waarvoor die
vergadering belê is, reg om ‘n tydelike Voorsitter te kies, wat gedurende
sodanige vergadering voorsit.
1.14.3 Elke lid van ‘n Komitee, Bestuur of Raad, is
gehoorsaamheid aan die Voorsitter verskuldig en indien hy hom nie die reëling
van die Voorsitter wil onderwerp nie, kan sodanige lid deur die Voorsitter uit
die vergadering gestuur word.
1.14.4 In alle toesprake moet slegs die
Voorsitter aangespreek word.
1.14.5 ‘n Reëling van ‘n Voorsitter kan deur die vergadering
omvergewerp word. Daar moet egter ten minste twee sekondante wees vir die
voorstel tot omverwerping van die reëling van die Voorsitter, alvorens so ‘n
voorstel bespreek kan word. Slegs die voorsteller van die Mosie kry ‘n
spreekbeurt, terwyl die Voorsitter ‘n geleentheid gegun word om sy reëling te
verduidelik. Daarna word die voorstel tot stemming gebring. Tydens sodanige
bespreking tree die Vise-Voorsitter en in sy afwesigheid, die Sekretaris of
Waarnemende Sekretaris as Voorsitter op.
1.14.6 Indien ‘n vergadering wanordelik word en dit onmoontlik
is om die verrigtinge behoorlik voort te sit, het die Voorsitter die reg om die
vergadering te verdaag.
1.14.7 Aan die einde van ‘n debat en voordat die vergadering
stem, mag die Voorsitter opsommenderwys die verskillende gesigspunte behandel,
maar hy moet daarteen waak om nie partydig te wees nie.
1.14.8 Die Voorsitter is geregtig om ‘n toets stemming van die
vergadering te hou om soedoende die verrigtinge te bespoeding.
1.14.9 Die Voorsitter moet die vergadering in staat stel om aan
die wil van die meerderheid uitdrukking te gee.
1.14.10 Die Voorsitter moeet die vergadering in staat stel om aan
die wil van die meerderheid uitdrukking te gee.
1.14.11 Die Voorsitter moet toesien dat elke lid, veral in die
minderheid, ‘n billike kans kry om sy sienswyse te stel.
1.14.12 Die Voorsitter moet sprekers beletom te herhaal of om van
die punt af te dwaal.
1.14.13 Die Voorsitter moet reël in watter volgorde sprekers
optree.
1.14.14 Indien ‘n Voorsitter aan ‘n bespreking wil deelneem en
daardeur standpunt inneem, neem die Vise-Voorsitter, en in sy afwesigheid die
Sekretaris of Waarnemende Sekretaris as Voorsitter waar.
1.14.15 Waar die Kerkorede dit bepaal, het die Voorsitter naas sy
gewone stem, in die geval van ‘n staking van stemme, ook ‘n beslissende stem.
Die Voorsitter is onder geen verpligting om sy beslissende stem uit te oefen
nie.
1.15
Stelsel
van Stemming
1.15.1 Stemming oor alle sake mag per geslote stembrief of deur middel van
handopsteking, volgens die besluit van die vergadering, plaasvind.
1.15.2 ‘n
Mosie word aanvaar deur ‘n meerdrheidstem van die aanwesige lede.
1.15.3 Indien
‘n Mosie aangeneem word, word dit ‘n besluit.
1.15.4 By ‘n stemming per geslote stembriefies het die Voorsitter nie ‘n
beslissende stem nie.
1.15.5 Indien dit blyk dat ‘n besluit onder misverstand geneem is, of dat
‘n onuitvoerbare of onwettige besluit geneem is, kan so ‘n besluit te enige tyd
deur die betrokke Komitee, Bestuur of Raad, heroorweeg word.
1.15.6 Besluite mag, tensy hierin anders bepaal, hersien word op versoek
van enige lid van ‘n Komitee, Bestuur of Raad, mits tydige kennis gegee word
aan die Sekretaris van die betrokke Komitee, Bestuur of Raad, wat die lede
daarvan in kennis sal stel, minstens sewe dae voor die volgende byeenkoms
waarby so ‘n hersiening oorweeg sal word.
1.16
Indien van
Sluitingsmosie
1.16.1 ‘n Bespreking mag nie onderbreek word deur enige van die volgende
sluitingsmosies wat self nie bespreek mag word nie:
a. Dat die debat nou afgesluit word of
daar nou gestem word;
b. Dat daar van die punt afgestap word;
c. Dat die debat of vergadering verdaag word (dit wil sê dat die
saak op ‘n later datum verder bespreek word);
d. Dat die saak na ‘n Komitee verwys word.
1.16.2 Alleen ‘n lid wat nog nie oor die Mosie of amdement ter tafel
gepraat het nie, kan ‘n sluitingsmosie voorstel.
1.16.3 Sluitingsmosies geniet voorkeur bo ander Mosies.
1.16.4 As die Voorsitter van mening is dat die Mosie nog nie voldoende
bespreek is nie, kan hy kennis neem van die sluitingsmosie en ‘n beroep op die
vergadering doen om verdere bespreking toe te laat. As daar met alle
redelikheid verklaar kan word dat die saak deeglik bespreek is, is die
Voorsitter verplig om die sluitingsmosie te laar dien.
1.17
Toestemming
1.17.1 Die Voorsitter kan die werk bespoedig deur ‘n Mosie en/of
amendamente op te breek en die vergadering om ‘n toets stemming oor die
onderdele afsonderlik te vra.
1.17.2`Nadat daar gereël of
gestem is dat daar tot stemming oorgegaan word, kan geen verdere bespreking oor
die Mosie toegelaat word nie.
1.17.3 ‘n Voorsitter kan teen sy eie Mosie of amendement stem.
1.18
Vergaderings
– Bywoon
1.18.1 Behalwe die lede van ‘n Komitee, Bestuur of Raad, sal ander persone
slegs met spesiale verlof van die vergadering geregtig wees om die vergadering
by te woon
1.18.2 ‘n Persoon wat verlof het om ‘n vergadering by te woon, moet dit
dadelik verlaat, indien sy verlof ingetrek word.
1.18.3 As ‘n lid hom wanordelik of andersins laakbaar gedra, kan hy deur
die Voorsitter gelas word om die vergadering te verlaat. Indien hy weier, kan
die Voorsitter die vergadering vra om ‘n besluit te neem ter ondersteuning van
sy reëling.
1.19
Hou van
Notules
1.19.1 Die Sekretaris van elke Komitee,
Bestuur of Raad, moet noukeurig Notule van verrigtinge by vergaderings hou.
Hierdie Notule moet by ‘n volgende vergadeing voorgelees en bevestig word en
moet deur die Voorsitter en die Sekretaris onderteken word en te alle redelike
tye vir die lede van die liggaam ter insae lê. In die geval van gesirkuleerde
Notule, kan die vergadering dit as gelese beskou.
1.19.2 Notule bestaan uit ‘n kort en juiste weergawe
van alles wat tydens ‘n vergadering verrig is. Dit bevat:
a. Datum en plek van vergadering
b. Naam van Voorsitter en Sekretaris
c. Lede teenwoordig
d. Waar moontlik, bevat dit ook:
i. Name
van lede afwesig met verrskoning; en
ii. Name
van lede afwesing sonder verskoning
e. Voorstelle (Mosies) met amendemente, indien enige, wat voor
die vergadering gedien het
f. Besluite
deur die vergadering geneem
g. Indien ‘n lid in die minderheid gestem het, daarom vra, ‘n aantekening
van sodanige lid se naam
h. Verslae
wat voor die vergadering gedien het
i. ‘n
Opgawe van belangrike reëlings deur die Voorsitter gedoen; en
j. Sodanige ander besonderhede as wat die vergadering mag
besluit om te notuleer; en
k. Die Notule word aangeteken in ‘n boek met genommerde bladsye
wat so gebind is dat bladsye nie verwyder kan word nie.
1.19.3 Nadat ‘n Notule as korrek aangeneem is, word dit onverwyld derur die
Voorsitter en Sekretaris onderteken, elke bladsy geparafeer en sal, tensy
anders bewys, as juiste weergawe beskou sord.
1.19.4 ‘n Lid van Komitee, Bestuur of Raad, is geregtig op uittreksels van
beslute wat geneem is op vergaderings en sodanige uittreksels moet op versoek
deur die Sekretaris binne ‘n redelike tyd aan hom beskikbaar gestel word.
KLOUSULE 2: PROSEDURE BY
DIE VERKIESING VAN DIE MODERATOR
2.1 Die Nasionale Werkersforum mag stem om die Moderator of
Vise-Moderator van die vorige drie-jaar termyn weer aan te stel, of om ‘n nuwe
Moderator en/of Vise-Moderator vir die volgende drie-jaar termyn te verkies.
2.2 Die Voorsitter, soos vooraf aangewys deur die Bestuursraad, sal
die verkiesing waarneem.
2.3 Die Raad moet helpers aanwys vir die uitdeel en telling van
nominasie en stembriefies.
2.4 ‘n Lys van verkiesbare Pastore soos bepaal volgens die veeistes
in Aanhangsel A; Klousule 6(6.1.1) uiteengesit in hierdie Konstitussie,
sal saamgestel word vir voorlegging aan die Nasionale Werkersforum.
2.5 Nominasiebriefies met die
naam van die kandidaat word ingedien.
2.6 Die name van die
genomineerde persone word bekend gemaak.
2.7 Vir elke nominasie moet
daar ‘n sekondant wees, anders verval die nominasie.
2.8 ‘n Eerste keuse moet deur die Nasionale Werkersforum bepaal word
by wyse van stemming met geslote stembriefies.
2.9 Die eerste keuse moet met
‘n meerderhied van meer as die helfte verkies word.
2.10 Indien daar nie ‘n meerderheid van stemme op ‘n persoon is nie,
sal daar tussen die tweede hoogste kandidate gestem word.
KLOUSULE 3: PROSEDURE BY
DIE VERKIESING VAN DIE VISE-MODERATOR
Dieselfde prosedure as by die verkiesing van die Moderator, geld vir die
verkiesing van die Vise-Moderator.
KLOUSULE 4: BEROEPSPROSEDURE
IN GEMEENTEVERBAND
4.1 Slegs Geordende Pastore en Pastore op Proef wat deur die
Bestuursraad aanvaar is, is beroepbaar
4.2 Wanneer ‘n vakature in ‘n Gemeente ontstaan, moet die
Streekleier homself vergewis van die beskikbare pakket en dit deurgee aan die
Bestruursraad van die Kerk wat die vakature in die Korporatiewe Kerk sal
sirkuleer.
4.3 Sodra die proses in Aanhangsel E; Klousule 4(4.2) afgehandel
is, sal die Bestuursraad die name aan die Streekleier oorhandig, wie in
samewerking met die Moderator die Beroepsvergadering sal reël.
4.4 ‘n Lys van die beskikbare, beroepbare Paastore sal aan die
Gemeentebestuursraad voorgelê word, wat daaruit ‘n kortlys sal saamstel vir voorlegging
aan die Gemeente.
4.5 Die Gemeentebestuursraad sal onder leiding van die Streekleier
‘n Gemeentevergadering belê.
4.6 ‘n Eerste, Tweede en Derde keuse moet deur die Gemeente bepaal
word by wyse van stemming met geslote stembriefies.
4.7 Elke keuse moet met meer
as die helfte verkies word.
4.8 Indien daar nie konsensus bereik kan word met betrekking tot
die beroep van ‘n Pastoor na die Gemeente nie, sal die Bestuursraad ‘n plasing
doen.
4.9 Nadat ‘n Pastoor in ‘n Gemeente besluit het om ‘n ander beroep
te aanvaar, moet hy met die Bestuursraad van sy Gemeente vergader en tydens die
eersvolgende erediens die Gemeente van sy beroep verwittig.
4.10 ’n Pastoor moet een maand kennis in ‘n Gemeente dien, behalwe as
die Gemeenteraad hom vrymaak van die verpligtinge.
4.11 ’n Pastoor wat aanvanklik ‘n beroep aanvaar het en dit daarna
weier, sal vir twaalf maande nie weer beroepbaar wees nie.
4.12 ’n Pastoor wat ‘n beroep in ‘n Gemeente aanvaar het, sal vir twee
jaar daarna nie weer beroepbaar wees nie.
4.13 Die Bestuursraad van die Kerk het die reg om in oorleg met die
Gemeentebestuursraad en die Streekleier van die betrokke Streek, van die
beroeopstelsel af te wyk indien hy dit nodig ag.
4.14 ’n Pastoor wat as ‘n Hulpprediker of in ‘n Bediening in ‘n Gemeente
dien, is nie vir daardie Gemeente beroepbaar nie, behalwe met die goedkeuring
van die Bestuursraad van die Kerk.
KLOUSULE 5:
5.1 Konstitusie
5.1.1 Om hierdie Konstitusie op enige manier te wysig moet ‘n geskrewe
Mosie van voorgestelde wysiging aan die Bestuursraad voorgelê word. Hierdie
Mosie moet die Bestuursraad negentig (90) dae voor die volgende vergadering van
die Nasionale Werkersforum bereik. In sodanige kennisgewing moet volledige
besonderhede van die voorgestelde wysigings, insluitende die motivering
daarvoor, verstrek word.
5.1.2 Die Bestuursraad sal die Mosie bespreek en indien nodig, met die
voorsteller(s) onderhandel oor moontlike wysigings.
5.1.3 Die Mosie van voorgestelde wysigings sal daan aan die Streekleierskapsforum,
wat bestaan uit alle Pastore en Pastore op Proef binne die onderskeie Streke,
beskikbaar gestel word vir bespreking. Voorstelle moet na die Bestuursraad
verwys word vir bespreking by die volgende Nasionale Werkersforum.
5.1.4 ‘n Twee-derde meerderheidstem van die teenwoordige lede by die
Nasionale Werkersforum sal besluit of die Konstitusie gewysig sal word, al dan
nie.
5.1.5 Nadat wysigings van die Konstitusie deur die Nasionale
Werkersforum aanvaar is, sal dit deur die Kerk gesirkuleer word.
5.2 Aanhangsels
5.2.1 Om hierdie Aanhangsel of Klousule daarvan op enige manier te
wysig, moet ‘n geskrewe Mosie van die wysiging aan die Bestuursraad voorgelê
word. Hierdie Mosie moet die Bestuursraad negentig (90) dae voor die volgende
Nasionale Leierskapsforum bereik.
5.2.2 Die Bestuursraad sal die wysiging aan die Aanhangsel of Klousule
daarvan bespreek en indien nodig met die voorsteller(s) onderhandel oor
moontlike wysigings.
5.2.3 Die Mosie van die wysiging sal aan die Streekleiers, asook alle
Pastore en Pastore op Proef beskikbaar gestel word vir bespreking op die eersvolgende
Streekleierskapsforum en daarna op die Nasionale Leierskapsforum.
5.2.4 Indien ‘n twee-derde meerderheidstem van die teenwoordige lede by
die Nasionale Leierskapsforum die wysiging van die Aanhangsel goedkeur, sal dit
na die Bestuursraad verwys word vir bekragtiging.
5.2.5 Kennis van wysigings van die Aanhangsel of Klousule sal by die
Nasionale Werkersforum gedoen word.
KLOUSULE 6:
6.1 Kennisgewings van
vergaderings
Kennis van minstens 14 dae sal vir elke
algemene vegadering van ‘n Plaaslike Gemeente deur die Pastoor of die Gemeentebestuursraad
by ‘n gewone diens van sodanige Plaaslike Gemeente op twee agtereenvolgende
Sondae, wat die algemene vergadering onmiddelik voorafgaan, gegee word. Sodanige
kennisgewing sal die dag en uur van die betrokke vergadering duidelik meld,
asook die algemene aard van die sake wat by daardie vergadering afgehandel wal
word.
6.2 Voorsitterskap
Die Pastoor of die Voorsitter soos deur die
Bestuursraad van die Gemeente aangewys.
6.3 Sekretaris
Die Sekretaris van die Bestuursraad van daardie
Plaaslike Gemeente, sal as Sekretaris van die Gemeentevergaderings daarvan optree.
6.4 Kworum
6.4.1 Meer as die helfte van die erkende lidmate vorm ‘n kworum. Wanneer
gestem word, sal die meerderheidstem beslissend wees.
6.4.2 As daar tydens ‘n Gemeentevergadering nie ‘n kworum gevorm word
nie, mag die Voorsitter agt (8) dae daarna weer ‘n vergadering belê, waartydens
die teenwoordige lede ‘n kworum sal vorm.
6.5 Sake van belang tydens
Gemeentevergaderings
6.5.1 Om verslag te doen van Gemeente-werksaamhede
6.5.2 Bekendstelling van Visie, Missie, Doelwitte en Strategie vir die
komende jaar
6.5.3 Bekragtiging van Leiers in die Bedieninge
6.5.4 Goedkeuring van Finansiële Sake
![]()
Nuwe Begin Bedieninge
AANHANGSEL F
TUGMAATREëLS
KLOUSULE 1:
1.1
Om die eer
van God te handhaaf
1.2
Om die
heil van die Kerk te bevorder
1.3
Om sonde
uit die geledere van die Kerrk te verwyder
1.4
Om oortreders
deur middel vantugstappe te help om ‘n Bybelse verhouding met God en Sy Kerk te
herwin.
KLOUSULE 2:
2.1 Die doel van tug is deurgaans om’n oortreder se gedrag te
korrigeer deur middel van die handhawing van alle redelikheid.
2.2 Die oortreder sal volgens Bybelse beginsels en in
ooreenstemming met die beginsels van regverdigheid tussen Christene mee
gehandel word, deurdat daar altyd vir die oortreder die geleentheid gegee sal
word om sy saak te stel, dit staan die Bestuursraad van die Kerk vry om enige
persoon wie se gedrag tot ernstige nadeel van die Kerk lei, met onmiddelike
effek tet skors, hangende die afhandeling van ‘n tugverhoor.
2.3 In die loop van enige verhoor sal sorg gedra word dat die
beginsels van natuurlike geregtigheid nie geskend word nie.
KLOUSULE 3:
3.1 Bybelse prosedure by die
toepassing van tug
3.1.1 Die Kerk onderskryf die prosedure van tyg soos uiteengesit in Matt.18:15-18 en 1Kor.6:1-11
Waar onderlinge griewe en/of geskille tussen
Lidmate ontstaan moet bogenoemde prosedure die Gemeentebestuursraad gevolg
word.
KLOUSULE 4:
4.1 Wangedrag van Lidmate
4.1.1 ‘n Lidmaat sal skuldig wees aan wangedrag
indien hy:
a. ‘n Handeling pleeg wat in enige opsig
tot nadeel van die Kerk strek
b. Optree in stryd met die bepalings van die grondwet van die
Kerk, die leerstelling, liturgie of erkende gebruike van die Kerk
c. ‘n Gedrag openbaar wat ondermynend van aard is, of onrus of
skeuring in die geledere van die Kerk kan veroorsaak
d. ‘n Misdaad pleeg of poog om te pleeg waarvan geweld,
oneerlikheid of onsedelikheid ‘n element uitmaak
e. Gedurende sy ampstermyn as leier van ‘n bediening in enige
landsgof skuldig bevind is aan ‘n misdryf waarvan geweld, oneerlikheid of
onsedelikheid ‘n element uitmaak
f. Owerspel, hoerery of derglike gedrag op seksuele gebied
pleeg; asook enige handeling wat die huwelik skaad en aanleiding tot egskeiding
kan gee
(Matt.19:9
1Kor.7:15)
4.2 Inleiding van ‘n grief of
‘n klag
4.2.1 Enige lidmaat van die Kerk wat van mening is dat ‘n ander lidmaat
skuldig is aan wangedrag ingevolge Aanhangsel F; Klousule 4(4.1) kan
sodanige klagte skriftelik aanhangeg maak, by die presiderende Pastoor van die
Gemeente waar die aangeklaagde Lidmaat ‘n lid is.
4.3 Ondersoek en verhoor van
klagte
4.3.1 Die Pastoor of sy sekundus en ‘n lid van die Gemeentebestuursraad
soos deur die Bestuursraad afgevaardig sal die klagte teen die Lidmaat
ondersoek en beoordeel. Indien hulle hom skuldig bevind aan wangedrag sal hulle
hom vermaan en waar hulle dit wenslik ag, ‘n belydenis en restitusie eis.
Indien die saak nie op hierdie wyse besleg kan word nie, of as die beskuldigde
hom nie aan die uitspraak van genoemde broeders onderwerp nie, sal die saak
deur die Gemeente se Bestuursraad verder ondersoek en besleg word. Die
Bestuursraad het die reg om die beskulde, indien skuldig bevind, van sy amp
(indien van toepassing) te onthef; dit op te skort of in te kort.
4.3.2 Indien die beskuldigde nie tevrede met die uitspraak is nie, moet
hy hom binne 14 dae skriftelik op die Gemeenteraad beroep om sy saak te besleg.
Indien hy steeds nie tevrede is met die Gemeenteraad se uitspraak nie, moet hy
hom skriftelik binne 14 dae beroep op die Streekleierskapsforum, wat finale
uitslag oor die saak sal lewer.
4.4 Weiering om aan die
bevinding te onderwerp
4.4.1 Indien ‘n persoon wat skuldig bevind is, hom nie aan die finale
uitspraak van die raad wil onderwerp nie, of ten spyte daarvan nog met die
wangedrag voortgaan, sal die Gemeentebestuursraad die reg hê om hom van sy
lidmate te onthef.
4.4.2 So ‘n persoon se ontheffing sal tydens ‘n erediens aangekondig
word, sonder die bekendmaking van redes.
4.4.3 Indien ‘n persoon, nadat hy behoorlike skriftelike kennisgewing
van ‘n tugverhoor ontvang het:
a. Moedswillig versuim om die verhoor by te woon sal sodanige
verhoor in sy afwesigheid voortgaan.
b. ‘n Persoon is moedswillig indien hy nie minstens 3 dae
skriftelik kennis gee van sy versoek om die verhoor uit te stel nie; en waar hy
bloot versuim om die verhoor by te woon sonder grondige rede.
4.4.4 Geen Lidmaat wat in een Gemeente onder tug geplaas is, of vanweë
kwade gevoelens bedank het, sal in ‘n ander Gemeente toegelaat word as ‘n
Lidmaat, alvorens sake eers by die vorige Gemeente in die reine gebring is nie.
KLOUSULE 5:
5.1 Wangedrag by Pastore
5.1.1 ‘n
Pastoor sal skuldig wees aan wangedrag indien hy:
a. ‘n Handeling of versuim pleeg wat in enige opsig tot nadeel
of moontlike nadeel van die Kerk strek.
b. Optree in stryd met die bepalings van die Grondwet, die
leerstelling, liturgie of erkende gebruik van die Kerk, en die bepalings wat
deur die Nasionale Wekersforum goedgekeur is.
c. ‘n Gedrag openbaar wat ondermynend van aard is, soos bv.
onrus of skeuring in die geledere van die Kerk veroorsaak.
d. Weier om ‘n opdrag van die Streekleierskapsforum of die
Bestuursraad van die Kerk uit te voer.
e. In enige landshof skuldig bevind is aan ‘n misdryf waarvan
geweld, oneerlikheid of onsedelikheid ‘n element uitmaak.
f. Owerspel, hoerery of derglike gedrag op seksuele gebied
openbaar, asook enige handeling wat die huwelik skaad en aanleiding tot
egskeiding kan gee.
(Matt.19:9
1Kor.7:15)
g. Skuldig is aan enige optrede wat strydig is aan die etiese
kode van sy amp.
5.2 Indiening van ‘n Grief of
Klag
5.2.1 Voordat enige klag ondersoek sal word, moet die persoon wat ‘n
klag teenoor ‘n Pastoor het, hierdie klag op skrif stel en onderteken.
5.2.2 Enige skriftelike klag teen ‘n Pastoor, behalwe in die geval van
‘n Streekleier, moet die klagte by die Streekleier van die bepaalde Streek waar
die Pastoor dien, ingedien word. Die Streekleier behou hom die reg voor om
sodanige klag te ondersoek en self te hanteer of na die Moderatuur te verwys.
Indien die klag van so ‘n aard is dat dit die STATUS van die Pastoor kan raak,
moet die saak bloot na die Moderatuur toe verwys word, sonder enige ander
handeling deur die Streekleier.
5.2.3 Met die ondersoek van enige klag moet daar te alle tye ‘n
afvaardiging (2-3 Pastore)
aangestel word, om die Streekleier in die ondersoek en die hantering van die
aangeleentheid by te staan.
5.2.4 In die geval waar ‘n persoon ‘n klagte teen ‘n Streekleier het,
moet hierdie skriftelik klag by die Moderatuur ingedien word, wie hierdie klag
sal ondersoek en indien nodig na die Bestuursraad van die Kerk verwys.
5.3 Prosedures by klagtes wat
die status van ‘n Pastoor raak
5.3.1 Waar die Moderatuur ‘n saak ontvang en van mening is dat die saak
na die Bestuur verwys moet word.
5.3.2 Die Bestuursraad sal, na gelang van die omstandighede, vir elke
saak ‘n afvaardiging aanstel, wat die saak sal ondersoek.
5.3.3 Na die ondersoek afgehandel is, sal die afvaardiging hulle
bevinding skriftelik weer na die Bestuursraad terug verwys; wat die saak as
volg sal hanteer:
a. Die betrokke Pastoor sal skriftelik in kennis gestel word;
om binne ‘n tydperk van veertien dae voor die Bestuursraad te verskyn.
b. Waar ‘n klag teen ’n Pastoor van so ‘n aard is, dat dit die
Kerk kan benadeel, en die uitkoms van die ondersoek blyk die waarheid te wees,
het die Bestuursraad die reg om die ordening van die betrokke Pastoor
onmiddelik op te skort tot verdere bevinding en ‘n finale uitslag gelewer word.
c. Waar ‘n Pastoor gearreseteer, aangekla is, of ‘n verdagte is
by enige strafverrigtinge:
i. Sal
hy onmiddelik geskors word
ii. Die skorsing word opgehef by wyse van afhandeling van die
strafsaak of waar die Bestuursraad so besluit
d. Waar ‘n Pastoor se status tydelik opgeskort word, sal so ‘n
Pastoor tydelik van sy dienste en verantwoordelikhede onthef word, sonder
verlies van traktement en voorregte, tot finale uitslag gelewer is.
e. Die Pastoor wat aangekla word sal geregtig wees om deur ‘n
geordende Pastoor van die Kerk bygestaan te word tydens enige tugprosedures.
f. Indien die Pastoor skuldig bevind word sal een van die
volgende strawwe gevolg word:
i. Skriftelike
waarskuwing
ii. Gedeeltelike skorsing -
Waar die doel van die straf is om die bedieningsveld van ‘n persoon te
beperk
6.6.5
Skorsing - Waar die doel van die straf is om alle regte tot die bediening
vir ‘n tydperk op te skort.
6.6.6
Opheffing van ordening - Waar die doel van die straf is om sy status as Pastoor te
beëindig.
5.4
Appèl
prosedure
5.4.1 Enige persoon wie skuldig bevind is tydens ‘n tugverhoor het die
reg om na die Nasionale Streekleierskapsforum te appèlleer.
5.4.2 Sodanige appèl moet by wyse van skriftelike kennisgewing binne
dertig dae by die Bestuursraad ingedien word.
5.4.3 Die Bestuursraad lê aan die Nasionale Leierskapsforum die volgende
dokumentasie voor:
a. Kennisgewing
van Appèl.
b. Afskrif
van die klagte.
c. Opsomming
van die getuienis tydens die verhoor.
d. Uitspraak.
5.4.4 Sodanige dokumentasie moet binne 21 dae aan die lede van die
Nasionale Leierskapsforum oorhandig word.
5.4.5 Die Nasionale Leierskapsforum sal sy uitspraak lewer tydens die
volgende sitting.
5.4.6 Die
Nasionale Leierskapsforum kan:
a. Die
persoon onskuldig bevind
b. Die saak terug verwys na die Bestuursraad vir heroorweging
van die straf.
![]()
Nuwe Begin Bedieninge
AANHANGSEL G
OPLEIDING
KLOUSULE 1: FORMELE
TEOLOGIESE OPLEIDING
1.1
NAAM VAN
OPLEIDINGSINSTANSIE
1.1.1 Nuwe
Begin Bedieninge se Opleidinginstansie sal bekend staan as “Nuwe Begin
Bedieninge Internasionaal Bybelskool”
1.2 DOELSTELLINGS VAN NUWE
BEGIN BEDIENINGE
1.2.1 Om persone met ‘n roeping van God toe te rus met die nodige
teologiese kennis en vaardighede, sodat hulle:
a. Kragdadige
sielewenners vir Christus sal word.
b. Doeltreffende werkers vir Christus, asook ‘n bekwame Leier
en/of Herder van ‘n Gemeente sal wees.
(2Tim.2:15
Efes.4:11,12)
1.2.2 Om persone op te lei wie ingeskryf het om hulle teologiese
kennis en bekwaamhede te verbeter.
1.3 OORHOOFSE BEHEER
1.3.1 Nuwe Begin Bedieninge Internasionaal Bybelskool sal onder
oorhoofse beheer van die Bestuursraad van die Kerk sorteer.
1.3.2 Die Moderator van Nuwe Begin Bedieninge sal as Kanselier van die
Bybelskool optree.
1.3.3 Die Rektor van die Bybelskool word deur die Bestuursraad van die
Kerk aangestel.
1.4 BESTUUR VAN Nuwe Begin
Bedieninge Internasionaal Bybelskool
1.4.1 Die Hoofkampus (Geleë Kampgronde – Port Elizabeth)
1.4.2 Nuwe Begin Bedieninge Internasionaal Bybelskool (Die Hoofkampus)
word bestuur deur:
(a) ‘n Rektor
(b) Bybelskool Bestuursraad
1.4.3 Satellietkampus
(a) Nuwe Begin Bedieninge Internasionaal Bybelskool se
Satellietkampus sal onder die beheer van die Hoofkampus funksioneer, maar sal
plaaslik bestuur word deur:
i) ‘n Prinsipaal
ii) Satellietkampus Bestuursraad
(b) Die Rektor van die Bybelskool sal in samewerking met die
Bestuur van die Satellietkampusverantwoordelik wees vir die doeltreffende
funksionering van die betrokke Satellietkampus.
1.5 DIE REKTOR: Nuwe Begin Bedieninge Internasionaal
Bybelskool
1.5.1 Is
verantwoordelik vir die bepaling van die Visie, Missie, Strategie en Doelwitte.
1.5.2 Is verantwoordelik vir die daarstel van behoorlike strukture vir
die beplanning, organisering en motivering van die kampus se werksaamhede.
1.5.3 Moet as Voorsitter van Nuwe Begin Bedieninge Internasionaal
Bybelskool se Bestuursraad leiding gee ten opsigte van bestuur, opleiing en
studente aangeleenthede.
1.5.4 Is verantwoordelik dat daar genoegsame leermateriaal en dosente is
tydens opleiding.
1.5.5 Verteenwoordig Nuwe Begin Bedieninge Internasionaal Bybelskool by
spesiale geleenthede met beetrekking tot opleiding.
1.5.6 Bemarking van Nuwe Begin Bedieninge
Internasionaal Bybelskool.
1.5.7 Ekumeniese skakeling met ander teologiese
instellings.
1.5.8 Tree op as geestelik en akademiese mentor van
studente.
1.5.9 Is verantwoordelik vir alle korrespondensie.
1.5.10 Voorbereiding van sertifikate en diplomas.
1.6 BESTUURSRAAD
1.6.1 Aanstelling van die Bestuursraad word deur die Voorsitter vandie
Bestuursraad gedoen.
1.6.2 Tree op as Uitvoerende gesag van die Bybelskool.
1.6.3 Is verantwoordelik vir die bepaling van die Visie, Missie,
Strategie en Doelwitte.
1.6.4 Is verantwoordelik vir die daarstel van behoorlike strukture vir
die beplanning, organisering en motivering van die kampus se werksaamhede.
1.6.5 Gee leiding ten opsigte van bestuur, opleiding en studente aangeleenthede.
1.6.6 Verantwoordelik vir die aanstelling van kundige persone soos
uiteengesit in die organogram.
1.6.7 Is verantwoordelik dat daar genoegsame leermateriaal en dosente
tydens opleiding is.
1.6.8 Verteenwoordig Nuwe Begin Bedieninge Internasionaal Bybelskool by
spesiale geleenthede met beetrekking tot opleiding.
1.6.9 Bestuur Nuwe Begin Bedieninge Internasionaal Bybelskool se
finansies.
1.6.10 Bemarking van Nuwe Begin Bedieninge Internasionaal Bybelskool.
1.6.11 Ekumeniese skakeling met ander teologiese instellings.
1.6.12 Tree op as geestelik en akademiese mentor van studente.
1.6.13 Evaluering en keuring van dosente.
1.6.14 Verantwoordelik vir die bedinging van salarispakette met kennisname
aan die Bestuursraad van Nuwe Begin Bedieninge – Hoofkantoor
1.6.15 Keuring van voornemende studente.
1.6.16 Skedulering van klasse.
1.6.17 Hantering van studente (vordering en probleme)
1.6.18 Opstel van standaard studente evalueringsdokumente.
1.6.19 Terugvoering aan betrokke predikers ten opsigte van hulle studente
(vordering en probleme).
1.7 DIE DOSENTERAAD:
1.7.1 Samestelling:
a. Aanstelling van die Dosenteraad word deur die Bestuursraad
van die Bybelskool gedoen.
b. Alle Dosente wie deel vorm van die betrokke Bybelskool, vorm
die Dosenteraad van daardie Bybelskool.
c. Die Rektor in beheer van die betrokke Bybelskool sal as die
Voorsitter van die Dosenteraad optree.
1.7.2 Vereistes:
a. Moet die vermoë hê om opleiding te kan
gee.
b. Moet vakverwante kennis hê van sy
besondere vakgebied.
c. Moet studente kan motiveer.
1.7.3 Verantwoordelikhede:
a. Vergaderings drie (3) maal per jaar.
b. Handhaaf gedragskode.
c. Implementering van leeremateriaal.
d. Verseker toepaslikheid van Kurrikulum.
e. Navorsing (behoeftepaling – nuwe teorieë
en konsepte).
f. Getallebeheer (opleidingsmateriaal,
ens.).
1.8 KEURING VAN STUDENTE:
1.8.1 Alle voornemende studente doen by Nuwe Begin Bedieninge
Internasionaal Bybelskool aansoek, en sal as studente deur Nuwe Begin
Bedieninge Internasionaal Bybelskool gekeur en aanvaar word.
1.8.2 Alle sake rakende studente, asook jaarlikse vordering, sal deur
die Bestuursraad en Dosenteraad van die betrokke Bybelskool hanteer word.
1.8.3 ‘n Student wat van voorneme is om tot die Bediening in Nuwe Begin
Bedieninge toe te tree, sal na voltooïng van sy tweede jaar deur die
Bestuursraad van die betrokke Bybelskool geëvalueer word. As bevind word dat hy
wel tot die Bediening geroep is, sal die aanbeveling na die Plaaslike Herder
verwys word vir bekragtiging, op wie die verantwoordelikheid rus om genoegsame
praktiese geleenthede vir die student te skep. Die Plaaslike Herder moet ook
die betrokke Streekleier van die aanbeveling in kennis stel.
1.8.4 Aan die einde van sy derde jaar sal ‘n volledige verslag van ‘n
student wat tot die Bediening in Nuwe Begin Bedieninge wil toetree, opgestel en
vir oorweging van Proponentskap aan die Bestuursraad van die Kerk voorgelê
word. [Sien Aanhangsel A; Klousule 6(6.6.10)]
1.9 OPLEIDINGSTYDPERK:
1.9.1 Teoretiese opleiding vir ‘n Diploma in die Teologiese Kursus van
Nuwe Begin Bedieninge Internasionaal Bybelskool sal oor ‘n tydperk van 4 jaar
plaasvind.
1.9.2 ‘n
Vierde jaar praktiese opleiding by Nuwe Begin Bedieninge waarin die Visie,
struktuur en leerstelling van Nuwe Begin Bedieninge en die vyfvoudige
bedieninge behandel word.
1.9.3 ‘n Student sal in sy vierde jaar erkening kry soos bepaal in Aanhangsel
A; Klousule 6(6.10).
1.10 OPLEIDINGSPROGRAM:
1.10.1 Verpligte opleiding sal gehou word
1.10.2 Praktieses opleiding, waar voorgeskryf word, sal onder leiding van
Plaaslike Pastoor in die Gemeente geskied.
1.10.3 Studente moet al die modules van ‘n betrokke jaar slaag, alvorens
toelating tot ‘n volgende jaar verkry kan word.
1.11 FINANSIES:
1.11.1 Kursusfooie
Hierdie fooi sal jaarliks deur die Bestuursraad
van Nuwe Begin Bedieninge Internasionaal Bybelskool bepaal word.
1.11.2 Tiendes
10% van
bedrag per maand betaal in Kerkkas.
1.11.3 Satellietkampus
Alle kostes aangegaan deur die Hoof Bybelskool
ter wille van die Satelliet Bybelskool, sal deur die Satelliet Bybelskool
betaalbaar wees. ‘n Verdere administrasie fooi van 10% op alle kostes by die
Hoof Bybelskool aangegaan, ter wille van die Satelliet Bybelskool, sal gehef
word.
11.1.4 Bankrekeninge
a. Elke Bybelskool (Hoof- en Satelliet Bybelskool) sal ‘n eie
bankrekening in die naam van Nuwe Begin Bedieninge Internasionaal Bybelskool
(Naam van betrokke Bybelskool) oopmaak.
b. Elke Bybelskool sal verantwoordelik wees vir sy eie lopende-
en kapitaaluitgawes.
c. Elke Bybelskool sal streng by die finansiële reëls hou soos
deur die Kerk daargestel.
1.12 DIE PRINSIPAAL –
SATELLIETKAMPUS
1.12.1 Doel:
Is verantwoordelik vir die beheer en bestuur
van die betrokke Satelliet Bybelskool waar hy aangestel is.
1.12.2 Aanstelling
Alle
Prinsipale sal deur die Bestuursraad van die Kerk aangesstel word.
1.12.3 Vereistes:
a. Moet ‘n geordende Pastoor wees.
b. Moet ‘n grondige kennis van die strukture en werking van ‘n
Bybelskool hê en op hoogte wees met die nuutste ontwikkelinge op die gebied.
c. Moet die nodige kwalifikasies hê en in staat wees om leiding
aan Dosente te gee.
d. Moet in staat wees om studente te
motiveer en te beraad.
e. Moet as Voorsitter van die plaaslike Dosenteraad in staat
wees om leiding te gee ten opsigte van die Bybelskool.
f. Moet in goeie stand by die Kerk wees.
g. Moet bereid wees om gereeld te reis om Gemeentes te besoek
en studente te motiveer om tot die Bediening toe te tree.
1.12.4 Voorregte:
‘n Vergoedingspakket soos met hom deur die
Bestuursraad van die betrokke Kollege onderhandel, sal aan hom betaal word.
1.12.5 Ontslag
en Bedankings
Sal deur
die Bestuursraad van die Kerk hanteer word.
1.13 TESOURIER
1.13.1 Verantwoordelikhede:
a. Opstel van ‘n jaarlikse begroting.
b. Opstel van maandelikse Inkomste en Uitgawestaat van die
Bybelskool.
c. Invordering en bank van betalings deur
studente gedoen.
d. Monetering van uitstaande gelde van
studente.
e. Kontrolering van finansies ten opsigte
van akkomodasie en etes.
f. Maandelikse finansiële terugvoer aan
Moderatuur.
g. Hantering van die Kleinkas.
1.14 SEKRETARESSE
1.14.1 Verantwoordelikhede:
a. Algemene kantoorwerk.
b. Opdatering van Studente-geskiedenis (Leêrs).
c. Tik van Studiemateriaal, briewe, ens.
d. Registrasie van Studente.
e. Diverse aankope.
f. Rekordhouding van studente ten opsigte
van bywoning en vordering.
1.15 ASSESSORS / DOSENTE
1.15.1 Opleiding en onderrig.
1.15.2 Evalueer bevoegdheid van studente volgens vooraf goedgekeurde
standaard.
1.16 MENTORS (PRAKTIESE
OPLEIDING)
1.16.1 Die Bybelskool se dosente onderrig ‘nstudent, en sy betrokke pastoor
moet as mentor in vennootskap met die Bybelskool staan ten opsigte van sy
student.
![]()
Nuwe Begin Bedieninge
AANHANGSEL H
HUWELIKE
KLOUSULE 1: DIE
HUWELIK EN EGSKEIDING
1.1
Die Woord
van God toon baie duidelik dat die huwelik ‘n eerbare staat is wat deur God
gedurende die tyd van die mens se onskuld ingestel is, en wat verwys na die mistieke
eenheid wat tussen Christus en Sy Kerk bestaan. Die Goddelike ideaal is dat die
Christelike huwelik onverbreekbaar sal wees, wat wat God saamgevoeg het, kan die
mens nie skei nie (Matt.19:6). Desnieteenstaande kan dit egter weens seksuele ontrouheid ontbind word. In
gevalle waar gelowiges weens seksuele ontrouheid vervreemd sou raak, sal alle
moontlike pogings aangewend word om hulle weer te versoen.
1.2
Wanneer
die huwelik van gelowiges op grond van seksuele ontrhouheid ontbind sou word,
sal die onskuldige persoon weer losgelaat word omin die Here te hertrou (1Kor.6:15-17).
Gelowiges wat weens hulle Christelike geloof deur die ongelowige metgesel
geskei is, sal toegelaat word om weer in die Here te trou.
(1Kor.7:15,26-28,39)
1.3 Vanweë die heiligheid van die huwelik word die ongehude lidmate
van die Kerk aangemoedig om hierdie eerbare staat van die huwelik te eer.
Gelowiges behooort nie ‘n verbintenis met ‘n ongelowige aan te gaan nie
(1Kor.6:16), en ‘n huwelik met sodanige ongelowiges behoort nie oorweeeg te
word nie. Lidmate behoort slegs ‘in die Here’ tot die huwelik toe te tree
(1Kor.7:39). Ongetroude lidmate wat tot die Bediening geroep voel word in die
besonder gemaan om baie versigtig, oordeelkundig en wys te wees in die keurse
van ‘n lewensmaat. ‘n Onverstandige keuse kan hulle vryheid in die Bediening in
die toekoms ernstig aan bande lê.
1.4 Nuwe bekeerlinge wat in die gemeenskap van die Kerk as lidmate
opgeneem is, en wat voor hulle bekering geskei en hertrou het, moet besef dat
hulle nou ‘n nuwe skepsel in Christus geword het en dat, terwyl hulle sodanige
verlede heeltemal deur die reddende bloed van Christus bedek is, die
verpligting hulle opgelê word om hulle huweliksverhouding voortaan op die
lering van Christus te bou en mekaar vuriglik lief te hê.
KLOUSULE 2: DIE
HUWELIKSBEVESTIGER
2.1 ‘n Huweliksbevestiger is ‘n Geordende Pastoor, Pastoor op Proef
of Proponent, wie suksesvol die Huweliksregte-eksamen by Binnelandse Sale
afgelê het en as sulks deur Binnelandse Sake as Huweliksbevestiger erken en
aangestel is.
2.2 Persone wat die Huweliksregte wil bekom, moet deur die
Streekleierskapsforum aansoek doen vir bekragtiging deur die Bestuursraad. Na
bekragtiging sal daar by Binnelandse Sake aansoek gedoen word vir Huweliksregte.
KLOUSULE 3: DIE
HUWELIKSFORMULIER
3.1 Die volgende Huweliksformulier word in die Kerk aanvaar as die
algemene formulier wat by die bevestiging van huwelike gebruik word.
3.1.1 Geen spesifiek Huweliksformulier word
voorgeskryf nie.
3.1.2 Die formulier wat deur die Huweliksbevestiger gebruik word, moet
egter onderhewig wees aan die Landswetvoorskrifte.
3.1.3 ‘n Voorbeeld van sodanige formulier is:
FORMULIER
Ons is hier vergader in die Heilige teenwoordigheid van God en al die
aanwesiges om hierdie man en vrou in die heilige staat van die huwellik te
verbind.
God het die huwelik ingestel voor die val van die mense en Christus het
die huwelik geseën deur Sy teenwoordigheid by die bruilofsmaal te Kana waar Hy
Sy eerste worderwerk gedoen het.
Wie gee die bruid af?
(Die vader of voog van die bruid staan op en se:
“Ek, die vader/voog ........ gee die bruid af.”)
Indien daar iemand hier is wat van enige wettige hindernis weet waarom
hierdie man en vrou nie in die huwelik saamgevoeg mag word nie, moet u nou
sptreek of hiernaa vir ewig swyg.
AAN MAN:
Verklaar jy (naam van Man) dat sover jy weet daar regtens geen beletsel is
nie teen jou voorgenome huwelik met (naam van Vrou) hier teenwoordig en dat jy
almal hier teenwoordig roep om getuie te wees dat jy (naam van Vrou) tot jou
wettige VROU neem.
ANTWOORD: “Geen beletsel
nie.”
AAN VROU:
Verklaar jy (naam van Vrou) dat sover jy weet daar regtens geen beletsel
is nie teen jou voorgenome huwelik met (naam van Man) hier teenwoordig en dat
jy almal hier teenwoordig roep om getuie te wees dat jy (naam van Man) tot jou
wettige MAN neem.
ANTWOORD: “Geen beletsel
nie.”
Aangesien daar geen wettiglike hindernis is teen die voorgenome huwelik
nie, gaan ons dus voort om hierdie huwelik te voltrek.
AAN MAN:
Jy moet jou eie vrou liefhê. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief,
want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar voed en koester dit net
soos die Here die Gemeente.
(Efes.5:25,28,29)
‘Manne, julle moet jul vrou liefhê en nie teen hulle verbitter word nie.’
(Kol3:19)
‘Net so moet julle, mans, verstandig met hulle saamlewe en aan die
vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-efgename van
die genade van die lewe is – sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.’ (1Pet.3:7)
So ook aan die vrou:
AAN VROU:
Wees jou man onderdanig, soos dit betaamlik is in die Here. Want die man
is die hoof van die vrou en jy moet jou man eerbiedig. (Efes.5:23,33)
Jou versiering noet nie uiterlik wees nie, maar die verborge mens van
die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat
baie kosbaar is voor God. Want so het vroeër ook die hielige vroue wat op God
gehoop het, hulleself versier, en hulle was aan hulle eie mans onderdanig, soos
Sara gehoorsaam was aan Abraham en hom heer genoem het. (1Pet.3:3-6)
Noudat ons die wil van God gehoor het, sal u hardop op die volgende
vraag antwoord:
(Naam van Man), sal jy hierdie vrou as jou wettige eggenote neem, en alle
ander verlaat en haar alleen aanhang solank as julle albei sal lewe?
ANTWOORD van Man: ‘Ek sal.’
(Naam van Vrou), sal jy hierdie man as jou wettige eggenoot neem, en
alle ander verlaat en hom alleen aanhang solank as julle albei sal lewe?
ANTWOORD van Vrou: ‘Ek sal.’
BRUIDSPAAR DRAAI EFFENS NA MEKAAR
Gee mekaar die regterhand.
MAN: (Herhaal belofte hoorbaar)
Kragtens die heilige instelling van God ... neem ek, (naam van Man),
jou, (naam van Vrou) . . . as my wettige egenote . . . en deur God se genade beloof
ek . . . om jou van vandag en voortaan . . . te hê en te hou . . . vir beter of
slegter . . . vir ryker of armer . . . in gesondheid of siekte . . . om jou
lief te hê, te koester . . . en te versorg . . . totdat die dood ons skei . . .
en daartoe verpand ek . . . plegtig my trou aan jou.
VROU: (Herhaal belofte
hoorbaar)
Kragtens die heilige instelling van God ... neem ek, (naam van Vrou),
jou, (naam van Man) . . . as my wettige egenoot . . . en deur God se genade
beloof ek . . . om jou van vandag en voortaan . . . te hê en te hou . . . vir
beter of slegter . . . vir ryker of armer . . . in gesondheid of siekte . . .
om jou lief te hê, te koester . . . en te versorg . . . totdat die dood ons
skei . . . en daartoe verpand ek . . . plegtig my trou aan jou.
(PAARTJIE DRAAI TERUG EN LOS HANDE).
(HUWELIKSBEVESTIGER KLIM VAN VERHOOG AF. NEEM FORMULIER EN BYBEL SAAM).
(Ringe word aangesit met hoorbare herhaling):
‘Met hieridie ring trou ek jou, in die Naam van die Here Jesus.’
VOEG AL VIER HANDE BYMEKAAR en verklaar hulle man en vrou deur te sê:
Aangesien (naam van Man) en (naam van Vrou) tesame toegestem het tot
hierdie heilige verbintenis, voor God en al hierdie aanwesiges, daartoe hulle
trou gegee en beloof het, dit verseël het deur ‘n ring te gee en te ontvang, en
mekaar die hande gegee het, VERKLAAR EK DAT (naam van Man) EN (naam van Vrou)
HIER TEENWOORDIG REGTENS GETROUD IS IN DIE NAAM VAN DIE HERE JESUS.
Laat hulle kniel en bid vir hulle.
Laat paartjie na gehoor draai en stel hulle voor as Meneer en Mevrou ...
Register word geteken.
Gaste verdaag onder spel van musiek.
![]()
Nuwe Begin Bedieninge
AANHANGSEL I
DOOP
KLOUSULE 1: DIE
DOOP
1.1 Naam van Kandidaat,
op jou geloof en belydenis dat die Here Jesus Christus jou God en Saligmaier
is, word jy deur die doop saam met Christus begrawe, opgewe en beklee en daarom
doop ek jou tot die vergifnis en die afwassing van al jou sondes in die Naam
van die Vader, Seun en Heilige Gees.
![]()
Nuwe Begin Bedieninge
AANHANGSEL J
FORMULIER DIR
GEBRUIK BY ORDENINGSGELEENTHEID
KLOUSULE 1: DIE AMP AS
PASTOOR EN DIE WOORD VAN GOD
1.1
Paulus
maak dit eerstens baie duidelik dat die amp van Pastoor, ‘n prysenswaardige aspirasie
is, letterlik ‘n begeerte na goeie werk. Dit is belangrik dat die klem nie op
die individu lê nie, of op die posisie nie, maar op die aard van die werk wat
uitgevoer word deur die bekwaammakingskrag van die Heilige Gees.
Paulus gebruik
die titels Opsiener (Toesighouer) en Ouderling (Leraar) verwisselbaar en
verwysend na Pastoor.
Hand.20:17
Dit is baie
belangrik vir die persoon wat begeer om ‘n Pastoor te word, dat hy sal toelaat
dat die Heilige Gees die basiese karaktereienskappe in hom sal genereer. Dit is
ook belangrik om te verstaan dat dit nie kwalifikasies is vir sy amp nie, maar
die kwaliteite wat die Heilige Gees versoorsaak sodat so ‘n persoon kan
funksioneer as ‘n Pastoor.
Dit wat genoem
word in 1Tim.3:1-13 is die karaktereienskappe wat die Heilige Gees sal ontwikkel
in die mens wie God in ‘n pastorale bediening plaas. Dit impliseer nie dat ‘n
persoonabsoluut perfek moet wees nie, as di twaar was, was die Kerk sonder
Opsieners. Dit herinner ons dat ons na die eienskappe sal kyk sodat ons hulle
wat God geroep het in die bediening sal herken.
2Tim.2:15,23-26
1Pet.5:2-4
Tit.2:7,8
KLOUSULE 2: DIE
ORDENINGSFORMULIER
2.1 Spreek persone wat
georden word aan
In teenwoordigheid van die Here God en die
aanwesiges vra ek julle/jou om asseblief op die volgende vrae te antwoord:
(Naam van persoon), beloof jy om deur God se
genade hierdie voortreflike amp uit te leef na die beste van jou vermoë?
ANTWOORD: Ja
(Aan die vrou): Beloof jy om jou man by te
staan en vir hom ‘n hulp wees?
ANTWOORD: Ja
(Name van persone), Belowe julle om die groot
gebod (Mark.12:29-31) en die groot opdrag (Mark.16:15,16) te onderhou en
daarvolgens te leef?
ANTWOORD: Ja
(Name van persone), Belowe julle om die Kerk in
liefde te dien, te lei en te beskerm soos Christus ons die voorbeeld gestel
het?
ANTWOORD: Ja
Nadat persoon/persone op al die vrae ja
geantwoord het, word hy(sy)/hulle gesalf met olie terwyl die volgende woorde
oor hom(haar)/hulle uitgespreek word:
(Name van persoon/persone), Op jou/julle
begeerte en belydenis dat God jou/julle tot die bediening geroep het, orden ek
jou/julle as Pastoor in Nuwe Begin Bedieninge.
Gebed.
Stel amptelik voor aan die gemeente as ‘n
Godordende Prediker van Nuwe Begin Bedieninge.
-
- o o O o
o - -
Comments
Post a Comment